Kalender 10 Augustus

10 August 2018 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

»Die Warehouse-teater bied vanaand weer hul bekende ‘Rock die teater’-geleentheid aan. Is jy ‘n liedhebber van rock- en metalmusiek? Indien so, is hierdie show ‘n net vir jou. Kaartjies kos N$60 op Events Today of by die deur teen N$90 beskikbaar. Die show begin om 20:00 en duur tot laar.

» Die Project Room bied die uistalling 'n CONVERSATION WITH A STRANGER deur Martina Basson en Marcii Goosen wat vanaand om 18:00 open. Hierdie uistalling bestaan uit 'n saamgestelde uitstalling van skilderye, illustrasies en afdrukke. Albei kunstenaars werk (hoofsaaklik) in swart en wit, maar hul werk kan nie meer kontrasterend wees nie. Martina se werk toon fyn geïllustreerde lynwerk, waar soos Marcii se skilderye abstrakte stellings is en tog praat hulle met mekaar. Gaan en beleef hierdie pragtige kunswerke. Die uistalling is oop tot 25 Augustus.

» Die Brewer and Butcher-restaurant op Swakopmund bied vanaand ‘n open mic-geleentheid vir jong en opkomende komediante aan. Hier is jou kans om ‘n merk in die Namibiese vermaaklikheidsbedryf as een van die voorstande grapjasse te word. Die vloer is oop vir enigeen wat ‘n belangstelling in komedie het. Die verhoog open om 21:00 en belangstellendes kan tot 23:00 die mikrofoon in die hand neem. Indien jy nie grappies wil vertel nie, kan jy deel wees van die gehoor en aan die lekkerste kos wat beskikbaar is smul.

» Die Silver Spoon Akademie bied môre ‘n basiese broodbakklas aan. Wou jy nog altyd weet hoe op die pperfekte brood te bak? Is jy lus vir tuisgebakte brood om ‘n Saterdagoggend met regte botter en jou oggendkoffie? Indien so, is hierdie kurses dan vir jou gemaak. Die klas begin om 09:00 en kos N$660. Hierdie koste sluit alle benodighede vir die brood, resepte en handleiding in. Bepsreek jou plek by [email protected]

» Die gewilde Mariette Laubser is weer terug met haar eenvrouvertoning "wanneer trou jy?". Hierdie komedie show is môreaand by die Strand Hotel in Swakopmund om 19:00 te sien. Die koste vir die vertoning beloop N$350 en sluit ‘n driegang maaltyd in. Kaartjies is by webtickets.com.na/events beskikbaar.

» Die Sport Klub Windhoek (SKW) bied môre om 11:00 die Reinheitsgebot-bier en kosfees in hul biertuin aan. As deel van die fees gaan daar verskeie bier, kos en vermaaklikheid beskikbaar wees. Dit is ‘n lekker kuier en gesels geleentheid vir almal. Besoek whatsonnamibia.com/events vir vereder inligting.

» Die Stephanus-kerk in Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.

Maandag

» Sedert die sukses van die Indonesiese filmweek wat in 2013 en 2014 plaasgevind het, bied die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) met trots nog ’n filmweek vir 2018 aan, wat tans aan die gang is. Die hoofdoel van hierdie geleentheid is om Namibië en Indonesië se verhouding sterker op kulturele gebied te maak. Tydens die filmweek sal vyf oorspronlike Indonesiese films in die FNCC se fliekteater gewys word. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir tye en verdere inligting.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots They tried to bury us deur Isabel Tueumuna Katjavivi aan. Dié uitstalling behels verskeie geskiedkundige gebeure wat die kunstenaar in ’n reeks kunswerke omskep het. Dit duur tot 8 Augustus en toegang is gratis. Besoek die NAGN se webtuiste vir meer inligting.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» ATKV-Tienertoneelstreeksfees in Namibië vind vandag by die Nationale Teater van Namibië plaas. ATKV-Tienertoneel wil ’n liefde vir Afrikaanse toneelspel en -kyk by hoërskoolleerders kweek en gaan dit in 2018 tydens die streeksfeeste weer doen. Moenie die geleentheid misloop om jong, opkomende kunstenaars in aksie te sien nie. Verskeie skole gaan tydens die streeksfeeste sake uitspook om moontlik hul slag by die ATKV-Tienertoneelfinaal van 1 tot 5 Oktober by die Roodepoort-teater in Johannesburg te gaan wys. Toegang is gratis en die eerste produksie skop 16:00 af.

» Dit is weer tyd vir die uitersgewilde wyn-en-skilder-aand. Hierdie groot trekpleister lok mense van alle dorpe en is ‘n lekker samesyn geleentheid. Bring jou Picasso navore en geniet die aand van skilder en wyndrink. Daar is ‘n beperkde aantal kaartjies beskikbaar en hul verkoop reeds soos soetkoek. Jy sal moet wikkel as jy belangstel. Die kostes beloop N$200 per persoon en sluit ‘n glas wyn en alles skildermateriaal in. Die beste van als is, is dat jy jou unieke skilderye saam huistoe kan neem. Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of [email protected] om jou plek te bespreek.

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

25 jaar, al het Zenobia berou

8 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Met haar hande wringend op haar skoot het die 34-jarige Zenobia Seas Vrydag in hofsaal E in die hoërhof in Windhoek geluister...

Geingob dek neutrale tafel

8 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Prof. Nico Horn, ’n regsdosent en politieke onleder, sê hy is nie verras oor hoe die afgelope beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap...

Mans in Windhoek doodgesteek

8 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting Twee mans is in afsonderlike­ voorvalle die afgelope naweek in Windhoek met skerp voorwerpe dood­gesteek.Hiernaas is vier verdagtes op die toneel aangekeer toe...

Weer, Maandag 20 Augustus 2018

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide en sentrale gebiede. Elders sal dit sonnig en baie warm wees. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS:...

Jakkals kom sy luiperd teë

8 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark het onlangs die skaars voorreg gehad om te sien hoe ‘n luiperd ‘n jakkals vang en in ‘n...

NBC-werkers is steeds woedend

8 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Protes deur ongelukkige werknemers by Namibië se nasionale uitsaaier (NBC) duur voort.Dié groep het Donderdag weer eens voor die uitsaaier se hoofkantoorhek betoog....

Wêreld gaan Kofi mis

8 ure gelede | Mense

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê die ontslape voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), mnr. Kofi Annan, het die Afrika-vasteland én die mensdom...

Leiers faal die mense

8 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Die Namibiese burgerlike organisasie-aktivis mnr. Uhuru Dempers sê die Suider-Afrikaanse leiers moet “wakker skrik” en die harde werklikhede van neerdrukkende armoede en...

Kajuitberaad by SADC

8 ure gelede | Plaaslik

Kajuitberaad by SADC