Kaizer Chiefs hof toe oor Fifa-verbod

13 February 2020 | Sport
Die Suid-Afrikaanse glanssokker­klub Kaizer Chiefs gaan hom tot die Internasionale Hof vir Sport­arbitrasie (CAS) wend nadat die spel se wêreldbeheerliggaam (Fifa) hom verbied het om enige nuwe spelers tot en met die einde van volgende seisoen te kontrakteer.

Dié verbod is ingestel nadat Fifa bevind het die Chiefs het in 2018 'n internasionale speler van Madagaskar, Andriamirado (Dax) Andrianarimanana, op onregmatige wyse gekontrakteer.

Andrianarimanana is ook vir die volgende vier maande geskors.

Volgens Fifa het dié speler nog 'n bindende kontrak met Fosa Juniors, sy klub in Madagaskar, gehad toe die Chiefs hom destyds gewerf het.

Die Chiefs betwis dié bevinding en het op sy webwerf aangekondig dat hy van plan is om by CAS appèl aan te teken.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Von Bachdam bereik 89%-merk

18 minute gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Von Bachdam was vanmiddag om 12:00 presies 89% vol en het steeds 6,4 m³ water per sekonde ontvang. Maandag was dit...

Okahandjarivier saai wéér amok

2 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Okahandjarivier het gisternag wéér mnr. James Roux se kleinhoewe buite Okahandja oorstroom en boonop vroegoggend een persoon meegesleur. Die polisie, asook...

Steeds geen kontrak vir diens aan Psemas

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Die staat se mediese fonds (Psemas) se nuwe kontrak met gesondheidsdiensverskaffers wat reeds sedert 2017 sloer, is weer uitgestel, die keer tot...

Beeste uit Botswana vul tekort aan

14 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Sowat vier maande nadat Botswana sy grens vir die uitvoer van lewende slagbeeste na Namibië oopgestel het, kon Meatco op Dinsdag 18...

Boer skiet glo 'mieliedief'

14 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Boer van Tsumeb het Maandag op ‘n klag van poging tot moord in die landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n vermeende...

Weer, Woensdag 26 Februarie 2020

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en baie warm weer sal in die Kunene-Wesstreek heers. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde,...

Samherji-werkers afgelê

14 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw – Sowat 210 werknemers van die vaartuie MV Saga en MV Geysir gaan aanstaande maand afgelê word. Die werknemers is vroeër vandeesmaand gestrand...

Posisioneer jouself betyds vir groter wins

14 ure gelede | Landbou

Christo du Plessis, Dierevoedingskundige: Feedmaster – In hierdie artikel kyk ons na die sleutelkwessies in rooivleisproduksie wat wins dryf, en hoe fosforaanvulling produsente se winsgewendheid...

N$14 miljoen vir kragprojek bewillig

14 ure gelede | Regering

Yandi du Plessis - ’n Sooispitseremonie vir die voorsiening van krag aan die Otjomuise- en Havana informele nedersettings het Vrydag in Otjomuise in die hoofstad...