Kahimise kry trekpas
Die jongste kinkel in die kabel in die gemors by die Windhoekse stadsraad is dat die uitvoerende hoof tydelik in die pad gesteek is.
Denver Kisting – Die raadslede wat onlangs kapsie gemaak het teen die planne om mnr. Robert Kahimise, Windhoek se baas, te skors, het gister uitgeloop toe dié nuus aangekondig is.
Mnr. Ignatius Semba, raadslid vir die Popular Democratic Movement (PDM), sê hulle kon nie gló dr. Peya Mushelenga, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het nie hul griewe in ag geneem voor hy tydelik van Kahimise ontslae geraak het nie.
Semba het gistermiddag aan Republikein gesê hulle is gisteroggend laat weet om aan te meld vir ’n buitengewone raadsvergadering.
Tydens dié byeenkoms is hulle ingelig Kahimise het vir minstens drie maande die trekpas gekry.
“Die drie van ons het dadelik opgestaan en uitgeloop,” het hy gesê.
Semba, me. Brunhilde Cornelius van die Rally for Democracy and Progress (PDM), en Nudo se mnr. Josef Kauandenge het onlangs ’n lys van beweerde ongerymdhede onder Mushelenga se aandag gebring.
Daarin voer dié drietal aan Kahimise is die slagoffer van ’n heksejag met ’n ondertoon van stamgebondenheid.
Teen gister het hulle nog geen dooie amptelike woord van Mushelenga gehoor nie, het Semba gistermiddag gesê.
“Hy (Kahimise) is geskors sonder dat ons griewe in ag geneem is.”
Mushelenga het uit die buiteland via WhatsApp die jongste verwikkelinge bevestig.
Volgens hom het hy die raad se dokumente “deeglik gelees” en gevolglik besluit om vir Kahimise te skors.
Dié besluit is geneem kragtens die “waardes van deursigtigheid en goeie bestuur”, sê die minister.
Mushelenga sê bevoegde mense, wat oor toepaslike kwalifikasies beskik, sal die ondersoek teen Kahimise behartig.
Dié ondersoek sal na bewering drie maande duur, het hy bygevoeg.
Oor wie die leisels gaan oorneem tydens Kahimise se afwesigheid, het hy gesê dit het niks met hom te doen nie.
“Ek glo ek het die vraag rakende my rol beantwoord. Ek raai jou aan om daardie vraag aan die toespaslike strukture te rig. Baie dankie.”
Teen 15:38 het Kahimise laat weet sy skorsingskennisgewing is nog nie op hom beteken nie.
“Ek wag nog vir die brief.”
Kahimise is onder meer in die pekel weens ’n beweerde studielening van N$100 000 wat hy wou hê die raad moes toestaan sodat hy sy doktorale studie kan onderneem.
Semba en kie voer egter aan hy het in onguns by die ander beland omdat hy in die pad staan van diegene wat hulle verder aan stadstenders wil dikvreet.
Verlede week het Mushelenga aan Republikein gesê albei partye móét eers gehoor word voor hy kan reageer op die jongste relletjie by CoW.
Die minister het by navraag toe gesê: “Mense teen wie beweringe gemaak word, moet ’n geleentheid kry om hulle kant te stel. Dít is wat natuurlike geregtigheid vereis.”
Mushelenga het bevestig hy het ’n sterk bewoorde brief ontvang waarin drie CoW-raadslede allerlei beweringe maak oor hoe Kahimise deur bestuurslede gekasty word.
In dié brief, wat agt bladsye beslaan, sê die drie mense hulle is keelvol dat ál die skuld vir CoW se probleme voor Kahimise se deur gegooi word.
Die poppe dans al sedert die begin van vanjaar by die Windhoekse stadsraad toe mnr. Abraham Kanime, die stadspolisie se hoof, geskors is.
Die drietal sê hoewel dit ’n gesamentlike raadsbesluit was om Kanime met vergoeding in die pad te steek, kry Kahimise al die skuld daarvoor.
Kanime beveg sedertdien onsuksesvol sý skorsing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie