Kabinet: Visbedryf beplan regrukpogings
Kabinet: Visbedryf beplan regrukpogings

Kabinet: Visbedryf beplan regrukpogings

Die kabinet gaan viskwotas verleng terwyl die toekenningsproses hersien word.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die kabinet het die ministerie van visserye en mariene hulpbronne Vrydag opdrag gegee om die evaluering van vis­kwota-aansoeke af te handel en toe te ken.

Dit was een van die besluite wat die kabinet tydens sy 21ste en laaste sitting vir vanjaar by Staatshuis geneem het.

Die president het adv. Albert Kawana, prokureur-generaal en waarnemende minister van visserye en mariene hulpbronne, opdrag gegee om 'n ondersoek na die toekenning van viskwotas vir die agelope 10 jaar in stel.

Die minister het Maandag weer eens 'n versoek aan Namibiërs gerig om met inligting oor onreëlmatighede in die visbedryf na vore te kom.

“Ook diegene met ervaring kan met voorstelle vorendag kom,” het hy gesê.

Intussen moet kwotas van die bestaande houers van visvangregte verleng word tot die einde van die 2019-'20-boekjaar om afleggings in dié geknelde bedryf te voorkom.

Hierdie houers van visvangregte sal tot 'n derde van die nuwe jaar se totale aanvaarbare vangs (TAC) mag vang, het Kawana gesê.

Hy sê 103 regte het verval en sal deur middel van dié maatreël verleng word.

Regte kan vir 7, 10, 15 of 20 jaar toegeken word.

Dié bedryf verskaf Namibiërs van tot 16 000 werksgeleenthede.

“Ons pas brandweermaatreëls toe om die bedryf in stand te hou en te verseker die regering is 'n hoofaandeelhouer wat saam met hulle sal werk. Die stokvisseisoen het reeds op 1 November geopen, en die maasbankerseisoen begin op 1 Januarie,” het Kawana gesê.

Nuwe vereistes het vir 2018 se aansoeke gegeld, en ná 'n verleng­ing van die aansoektydperk is altesaam 5 183 aansoeke ontvang, het Kawana gesê.

Hy het gesê om die aansoeke te laat oudit, sou te duur wees.

Een ouditfirma se tarief was volgens die minister N$39 miljoen.

'n Kontrak hiervoor is aan die Universiteit van Namibië (Unam) toegeken vir N$2,8 miljoen.

Dié taak sal na verwagting in Januarie voltooi wees, het Kawana gesê.

“Vir my is dit die regverdigste manier om die hulpbron te hanteer. In die toekoms wil ons deursigtigheid verder versterk. Die mariene hulpbronwet moet aangepas word om aansoeke en toekennings van visvangregte en -kwotas in die Staatskoerant te laat publiseer, sodat bewustheid bevorder word en die publiek insette kan lewer,” het hy gesê.

Kawana is as waarnemende minister aangestel ná mnr. Bernhard Esau weens die Fishrot-skandaal bedank het.

Kawana het gesê hy gaan saam met sy ministerie meganismes ontwikkel om die lot van afgedankte viswerkers te verlig.

Hy het gesê dít sal net van toepassing wees op werkers wat afgedank is weens die vermindering van viskwotas, en nie op diegene wat aan onwettige stakings deelgeneem het nie.

“Ek is gelukkig om opdrag te kry om na die afgedankte werkers om te sien. Ek sal nou met die arbeidsministerie, die vakbonde en die bedryf saamwerk en ons sal ons bes doen om te verseker hierdie ongelukkige burgers kry brood op die tafel en werksgeleenthede,” het hy gesê.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.58 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 310.92/OZ DOWN -0.0019 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0109 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.25/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 975.71/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.58 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 310.92/OZ DOWN -0.0019 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0109 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.25/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 975.71/OZ DOWN -0.0029