Kabinet hoor spanpraatjie

Regeringsleiers vergader by Staatshuis

03 February 2021 | Regering
Augetto Graig – Pres. Hage Geingob het gister met die amptelike opening van die eerste kabinetsitting van 2021, sy vooraanstaande parlementslede gevra om uit hul gemaklike kantore te beweeg en meer met die land se mense te beraadslaag.

“Die pad na herstel is 'n gesamentlike poging,” sê hy.

Geingob noem 2021 die jaar van veerkragtigheid en dring aan dat Namibiërs saam die uitdagings van die Covid-19-pandemie, 'n sukkelende ekonomie, jare se droogte en selfs toenemende geslagsgeweld, kan oorwin.

Vir sy gesamentlike benadering tot nasiebou, wil Geingob kommunikasie tussen die regering en sy mense verbeter.

“Ons bly optimisties oor ons vooruitsigte vir die herstel ná die verwoesting van 2020. Saam met al die inwoners van Namibië is daar geen twyfel nie dat ons kan terugkeer na 'n pad van volhoubare en inklusiewe groei en ontwikkeling.

“Namibiërs kan uithou, aanpas en oorkom,” sê hy.

Die verspreiding van die pandemie word grootliks beperk en is onder beheer, die integriteit van die gesondheidstelsel is behou en die mees kwesbare burgers sal binnekort toegang tot entstowwe kry.

“Baie Namibiërs ervaar ongehoorde verliese en maak opofferings. Ons kan hulle nie vra om op te offer as ons nie ook opofferings maak nie. Dit is deurslaggewend om met oordeel te spandeer en koste te besnoei,” het hy aan die kabinetslede gesê.

“Uitvoering en lewering is die sleutel. Dit moet nie deur uitstelprojekte vertraag word nie.”

“Ek glo dat korrupsie nie sistemies (in Namibië) is nie,” het Geingob gesê.

Die wanopvatting van korrupsie in Namibië is te wyte aan sekere korrupte beamptes wat die land se beeld besoedel het, volgens Geingob.

“Dit is onaanvaarbaar. Dit vreet die openbare vertroue in ons instansies weg,” sê hy.

Die president het verwys na die nuutste Afrobarometer-verslag waarin Namibië en Kaap Verde die beste uit 18 Afrikalande presteer het in terme van toegang tot dienste sonder korrupsie.

Hy het 'n plaaslike vervoermaatskappy se onlangse aanmelding van 'n omkopery-insident geprys en gesê waaksaamheid en aanmelding van oortredings is nodig in die stryd teen korrupsie.

Geingob het verwys na die Fishcor-hofsaak wat voortduur en gesê dit is 'n sensitiewe kwessie, omdat die verhoor binnekort begin.

“Sodra die hofreëls en my etiek dit toelaat, en die tyd is gepas, sal ek deeglik die insinuasies, vermoedens en moedswillige interpretasies bespreek, met die oog om hul valsheid uit te beeld.”

Nog 'n kwessie wat die president uitgelig het, is geslagsgeweld wat hy beskryf as 'n “plaag wat die vrede en stabiliteit van ons land bedreig.”

Die president doen 'n beroep op alle Namibiërs om met wetstoepassers saam te werk om sulke betreurenswaardige voorvalle uit te skakel.


VELE AANPASSINGS VEREIS

Verlede jaar was 'n jaar van ongekende teenstand, 'n globale ekonomiese verlangsaming en die uiteindelike einde van jare se droogte waarin Namibië ekonomiese ingryping probeer toepas het, te midde van fiskale konsolidasie, sê hy.

“Om te sê 2020 was 'n uitdaging, is te sag gestel. Die uitbreking van Covid-19 het al ons beplanning deurmekaar gekrap.

Vir leiding in die nasionale stryd teen die pandemie, prys Geingob sy minister van gesondheid en maat­skaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, “vir die uitstekende werk wat hy verrig onder baie moeilike omstandighede. Saam met sy span het hy van voor gelei, onvermoeid en met onwrikbare verbintenis om Namibiese lewens te red,” sê Geingob.

Die president het ook die eerste minister, die minister van justisie, die prokureur-generaal, die ministers van finansies, onderwys, kuns en kultuur, binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, verdediging en veteranesake en inligting en kommunikasietegnologie bedank, saam met al die ander ministers wat 'n rol gespeel het om die nasionale reaksie teen Covid-19 te koördineer. – [email protected]

Soortgelyk

 

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

6 minute gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte...

Metro spoils its customers

1 uur gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

10 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

10 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

10 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

10 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

10 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...