Kaasmaker bring kopers tot by haar voorstoep

Kwetu, die nuwe padstal by Wilhelmstal, is beslis ’n stilhou werd.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Nadat Inge Geldenhuys (65) jare lank Saterdag na Saterdag vanaf haar kleinhoewe by Wilhelmstal Windhoek toe gery het om haar groot verskeidenheid tuisgemaakte kase op die Bio-Markt te verkoop, het sy op ’n dag besluit genoeg is genoeg. Vir dié ryery sien sy nie langer kans nie.

Sy bedink toe ’n vindingryke plan om potensiële kopers tot by haar voorstoep te bring. Dit was om ’n padstal en koffiewinkel te begin.

Kwetu Shop & Coffee Shop het in Desember 2019 sy deure geopen toe die vakansieseisoen in volle gang was en die een voertuig na die ander stilgehou het om te kyk wat dit bied.

Inge se kleinhoewe is aan die teenoorgestelde kant van die Okahandja-Karibib-pad as die baie bekende Wilhelmstal Padstal geleë wat reeds jare lank ‘n gewilde stilhouplek vir motoriste is wat tussen Windhoek en die kus onderweg is.

Sy en haar man, Frans, het sowat 15 jaar gelede begin om papegaaie te teel – die soorte eg aan Afrika, maar ook digby 20 verskillende eksotiese papegaaisoorte van oraloor die wêreld.

Frans is in 2017 oorlede en sedertdien bedryf sy die kleinhoewe met sy verskillende kleinskaalse boerderye alleen.

“My man het altyd wildsvleis verwerk en biltong, droëwors, rookvleis en salami’s gemaak en ek het ’n troppie Switserse melkbokke en ’n paar Jersey-koeie wat gemelk word sodat ek kaas kan maak. Ná sy dood het ek met die vleisverwerking voortgegaan.”

Inge het in Noord-Duitsland grootgeword (sy was ’n nooi Seichter), maar omdat sy in ’n Afrikaanse familie ingetrou het, het sy self ook die kuns bemeester om biltong en droëwors te maak.

Haar opleiding as jong vrou in landbou-ingenieurswese in Duitsland het haar goed toegerus om ook ander landbouprodukte soos rou melk vir waardetoevoeging te verwerk – vandaar die kaasmakery.

Sy het oor die jare mete verskillende kase eksperimenteer en vervaardig omtrent 30 verskillende soorte kase. Harde kase, sagte kase, verouderde kase soos bloukaas – noem maar op. Inge maak dit.

Die bokke lewer maksimum so 20 liter melk per dag in optimale produksie en word met die hand gemelk. Die Jersey-koeie word met masjiene gemelk en die opbrengs is sowat 70 liter per dag.

Inge vertel sy pasteuriseer nie die melk nie, want dit bring mee dat die kaas minder geurig is.

Vir voer plant sy lusern en verbou ook groente en kruie in die groot tuin op die kleinhoewe.

Omdat die vleisverwerking en kaasmakery haar baie besig hou, koop sy die fyngebak vir die padstal by ’n bakster op Omaruru aan. So ook die ingelegde produkte wat by die padstal te koop is.

Die leerhandsakke wat sy aanhou, kom van ’n vrou op Hentiesbaai, vertel Inge. Die wolserpe en ander breiwerk is egter haar handewerk. Die wol koop sy by ’n boer in die omgewing wat alpakas aanhou. “Ek het nege spinwiele en spin die wol self,” vertel Inge.

Tussen al haar take deur, bak sy koek vir die koffiewinkel en maak ook die lekkerste pasteie en quiche.

Die koekresepte wat sy gebruik, was haar ouma se beproefde resepte.

Inge kook ook turksvy- en suurlemoenstroop en maak gemmerbier. Dit kan daar geniet word, of vir wegneem gekoop word.

'n Skaars delikatesse wat 'n mens nie sommer raakloop nie, is ingelegde kwarteleiers. Sy verkoop ook kwateleiers in houers van ses elk.

‘n Groot trekpleister is die geurige koffie van varsgemaalde bone wat sy bedien.

By Kwetu kan jy op die stoep aansit, of by een van die tafels onder die groot bome ontspan terwyl jou bestelling voorberei word.

Daar is ’n klouterraam en speelplek waar kinders kan baljaar terwyl ma en pa asem skep.

Mense wat Inge wil kontak, kan haar bel by 081 242 5037.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.86 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.43/OZ DOWN -0.0025 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.00% | Zinc US$ 2 833.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 912.15/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.86 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.43/OZ DOWN -0.0025 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.00% | Zinc US$ 2 833.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 912.15/OZ UP +0.25%