Kaartjies na Japan 2019 bespreek

Die nuwe nasionale drieë­rekordhouer en die speler van die wedstryd het elk twee keer gedruk om Kenia stil te speel.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Dis tyd om nuwe doelwitte te stel, nadat afrigter Phil Davies se Namibiese rugbyspan Saterdag met 53-28 teen Kenia gewen het en sodoende die land se deelname aan volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan verseker het.

Die vlak van fisieke konfrontasie was hewig, soos 'n mens van 'n finale WB-uitdunwedstryd kon verwag, en voor 'n groot tuisskare moes die Namibiërs vir die volle 80 minute inklim om te verhinder dat die besoekers enigsins 'n greep op die verrigtinge kon kry.

Van Namibië se helde voorlangs was die drietal skoolmaats van Windhoek Hoërskool wat later staatmakers vir verskillende universiteitspanne in die Varsitybekerreeks geword het. Haker Louis van der Westhuizen (Pukke) en die twee flanke Janco Venter (Maties) en Wian Conradie (UJ) se werkverrigting was iets ysliks. Van der Westhuizen het twee drieë gedruk en is as speler van die wedstryd bekroon.

Venter was heeltyd 'n klip in Kenia se skoen – ekstra geïnspiereer nadat hy vroeg 'n elmbooghou in die gesig gekry het toe hy oor die kantlyn geboender is. Tot in die 73ste minuut het hy vir oulaas alles uitgehaal en met 'n lang wegbreeklopie van bykans 70 meter die tweede drie van die dag vir Chrysander Botha gemaak.

Dit was in dié oomblik dat Botha die alleenhouer van die Namibiese rekord vir die meeste drieë in toetse gword het. Die Walvisbaaier spog nou met 28 drieë in 52 toetse, nadat hy Gerhard Mans se formidable rekord van 27 drieë in 27 toetse wat sedert 1994 gestaan het, eers geëwenaar en daarna oortref het.

Kort ná die eindfluitjie het Phil Davies, wat ook in 2015 die Namibiërs na die vorige Wêreldbekertoernooi in Engeland gelei het, aan die spelers beklemtoon dat dié oorwinning geensins die bereiking van 'n finale doelwit is nie, maar eerder die beginpunt.

Die Namibiërs se ambisie bly sterk om in 2019 vir die eerste keer een van die grotes by die Wêreldbeker te klop.

Die span sal in groep B saam met die Wêreldbeker-houer Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Italië en die repechage-kwalifiseerder meeding. Laasgenoemde word in November vanjaar in Frankryk bepaal wanneer die kontinentale naaswenners Kenia, Kanada, Duitsland en Hongkong sake uitspook vir die 20ste en laaste beskikbare plek in die toernooi.



DRIEËREKORD

Ná 'n strafdoel deur Namibië se los­skakel Cliven Loubser het Kenia se monstervleuel William Ambaka die eerste van sy tweede drieë in die linkerhoek gaan druk. Losskakel Isaac Adimo het foutloos met die eerste van sy vier doelskoppe vir die dag geslaag.

Kenia se vasberadenheid was duidelik toe hulle PJ van Lill vanaf 'n vyfmeterskrum by die hoekvlag uitgeboender het. Namibië het egter in 'n aanvallende posisie gebly totdat Chrysander Botha ondanks 'n aantal verdedigers rigting verander en vir sy eerste drie oorgewurm het.

Louis van der Westhuizen se eerste drie ná goeie opbouwerk vanaf 'n breekslag deur Van Lill is ook verdoel om op 17-7 die eerste ruimte vir asemskep op die telbord te plaas.

Kenia het sy kanse geskep, maar 'n strafskop het skeef getrek en nog 'n aanval het in die Namibiese kwartgebied in gesteelde besit geëindig. Vleuel Johann Tromp het met sy teenaanval deur die middelveld genael, van waar Tjiuee Uanivi en Janco Venter ook kom aansluit het voordat die bal teruggewen is vir Cliven Loubser om op die voorvoet sy naelloop hoekvlag toe te wen.

Loubser se doelskop was mis, maar Namibië was met 22-7 voor.

Skaars 'n minuut ná rustyd het Van der Westhuizen sy tweede drie met 'n sterk Namibiese lynstaandryf afgerond. Weer het Loubser oorgeskop (29-7). Ná fisieke spel en talle aanvallende fases aan beide kante het Loubser in die 52ste minuut nog 'n strafdoel bygevoeg.

'n Slim, kort rolskoppie deur die Namibiese agterlyn vir Ambaka het hom op die voorvoet geplaas om ná 'n kraglopie onder die pale te gaan druk (32-14). Twee minute later het slot Mahepisa Tjeriko egter 'n aanval in die kwartgebied met 'n verdoelde drie in die linkerhoek afgerond (39-14).

Ambaka het kort daarna nie net 'n strafdrie afgestaan nie, maar boonop 'n geel kaart gekry toe hy 'n waar­skynlike drie verhinder het deur Tromp sonder die bal te pootjie in opvolg van 'n skoppie (46-14).

Die groot reserwevoorspeler Malcom Onsando was Kenia se volgende driedrukker wat senter Darwin Mukidza se aangee naby die doellyn raakgevat het (46-21).

Ná nog 'n Keniaanse aanval het die bal egter in die Namibiese kwart los gespat en Janco Venter het sy treë gerek om sowat 70 meter te hardloop. Onselfsugtig en met geen verdediger naby nie, het hy Chrysander Botha vir sy nasionale rekorddrie onder die pale oorgestuur (53-21).

Afrigter Davies het sy hele reserwebank opgestuur, met Kenia wat die laaste punte met plaasvervanger Mohammed Omollo se drie ná 'n vinnige tikskoppie behaal het.

Die Namibiërs het ná die eindfluitjie 'n ronde om die veld gedraf om hul waardering vir die groot skare in die Hage Geingob-stadion, insluitend die staatshoof self, te wys.

Hul taak nou is om in totale gereedheid te kom vir hul 2019 WB-openingswedstryd teen Italië op 22 September in Yokohama.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042