Kaarte geskommel teen jong Georgiërs
Rugby
Andew Poolman - Soos beloof, is verskeie veranderinge aangebring vir die derde en laaste opwarmwedstryd van die Namibiese rugbyvyftiental wat in die Wes-Kaap aan 'n vierhoekige toernooi deelneem.
By die veld van Paul Roos Gimnasium sluit die Namibiese senior amateurspan vandag om 14:15 teen Georgië se o.20's af, nadat beide hul vorige twee wedstryde verloor het.
Om 16:00 draf die o.20-spanne van Suid-Afrika en Argentinië uit in 'n moontlike kleedrepetisie vir die o.20-wêreldkampioenskap in Junie.
Die Namibiese afrigter, Phil Davies, het opnuut sy kaarte geskommel in die oefengroep se opbou na die SuperSport-uitdaagreeks wat op 27 April teen die Goue Leeus begin.
Namibië XV: 15 Mahco Prinsloo,
14 Chris Arries, 13 Janry du Toit,
12 Darryl de la Harpe (kaptein),
11 PJ Walters, 10 PW Steenkamp,
9 JC Winkler, 8 Thomasau Forbes,
7 Leneve Damens, 6 Rohan Kitshoff, 5 Ruan Ludick, 4 Max Katjijeko,
3 AJ de Klerk, 2 Obert Nortjé,
1 Desiderius Sethie. Reserwes: André Rademeyer, Jason Benade, Niël van Vuuren, Mahepisa Tjeriko, Adriaan Booysen, Eugene Jantjies, Cliven Loubser, Oderich Mouton.
Beide wedstryde word regstreeks op die YouTube-kanaal van School Sport Live gebeeldsend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie