JY WIL WAT?
JY WIL WAT?

JY WIL WAT?

Lloyd Zandberg
Julie Retief

Trou is nie perdekoop nie, maar met hierdie omvattende wenke speel jy sommer lag-lag klaar met die groot stap.

EERSTE DINGE EERSTE:

Jou troubegroting

Die belangrikste prioriteit nadat ’n paartjie verloof geraak het, is om ’n begroting op te stel. Die begroting moet al die kostes van die troue insluit.

Hoe doen mens dit?

• Bepaal eers hoeveel geld julle het. Vind uit hoeveel geld die onderskeie ouerpare bereid is om te bestee, indien enige. Stel vas of die bruid se ouers volgens tradisie vir die onthaal gaan betaal, en die bruidegom en sy ouers vir die drank en die wittebrood. Koste kan ook gelyk verdeel word tussen die ouers en die bruidspaar. Wees altyd dankbaar en spreek jul waardering teenoor jul ouers vir hulle bydraes uit - hoe gering dit ookal mag wees.

Noudat julle weet, spring weg met ’n beplanningsessie waarby almal wat ’n bydrae gaan maak, betrokke is.

• Besluit eerstens waste soort troue julle wil hê – ’n formele troue,’n strandtroue, ’n plaastroue, markiestenttroue of tuintroue.

• Bespreek dan tema, dekor, kleur, kos, musiek, kleredrag ensovoorts.

• Stel ’n volledige lys op van behoeftes, byvoorbeeld vermaak, fotograaf, DVD, platejoggie of orkes, huweliksbevestiger.

• Maak ’n spesiale rekening oop om al die beskikbare geld in te betaal, asook jul maandelikse spaargeld. Neem in ag die totale koste vir die gemiddelde troue in Suid-Afrika beloop tans tussen R70 000 en R80 000 vir 80 tot 100 mense. In Namibië kan dit moontlik dieselfde wees.

Begroot liefs 10 tot 15% meer as die basiese begroting om onvoorsiene uitgawes te dek.

• Bepaal ’n troudatum

• Vind ’n venue volgens jul behoeftes.

• Indien julle ’n troubeplanner gaan gebruik, maak heel eerste met haar ’n afspraak.

• Kry skriftelike kwotasies by al jul diensverskaffers en maak seker dat die kwotasie alles insluit waarvoor julle vra. Lees die voorwaardes deeglik deur voor julle dit teken en deposito’s betaal.

Riglyne vir die verdeling van die begroting

• Onthaal (venue-koste, kos en drank) - 50% van die totale begroting.

• Trourok, uitnodigings, foto’s, DVD, musiek, blomme, kerse, koek, geskenkies, dekor, liggies en koördineringsfooi - 50% van die totale begroting.

Bestuur jul begroting

Om ’n begroting goed te bestuur is uiters belangrik vir die sukses van jul troudag.

Wie betaal vir wat?

Bruid se ouers:

• Trourok en bykomstighede vir die bruid

• Uitnodigings

• Venue-koste (huur, kelners en oortyd)

• Kos

• Troukoek

• Blomme en dekor

• Fotograaf en videograaf

• Musiek vir kerk en onthaal

• Troukar

Die Bruid:

• Hare, grimering, skoonheidsbehandeling

• Trouring vir die bruidegom

•Geskenke vir almal wat iets spesiaals vir haar gedoen het

Bruidegom en sy ouers:

• Verloof- en trouring vir die bruid

• Trougeskenk vir die bruid

• Bruidegom se uitrusting

• Alle hand- en skouerruikers

• Geskenkies vir gevolg

• Huwelikskontrak

• Drank- en kroegkostes

• Alle kostes ten opsigte van die kerk, predikant, koster, kerkfooie en orrelis

• Vervoer vir homself en die strooijonkers na kerk en venue

• Wittebrood- en reiskostes

EN NOU VIR DIE RES:

Huwelikseremonie:

Terwyl die gaste sit en wag vir die bruid, kan hulle na goeie, rustige musiek luister.

’n Bruilof behoort plegtig en onvergeetlik te wees met gepaste musiek, plante en blomme as inspirasie vir almal.

Maak seker wat toelaatbaar is vir versiering in die kerk, byvoorbeeld kerse en klein ruikers teen die kerkbanke, al langs die paadjie af.

Die gebruik van ’n kapel by die trouvenue het die voordeel dat dit gerieflik binne stapafstand van die onthaalarea is en dit verkeer, asook ’n gesoek na parkering uitskakel.

Die ma van die bruid kom vyf minute voor die bruid in en gaan sit links voor.

Die bruidegom staan voor in die kerk en wag vir sy bruid. Hy staan regs van die bruid.

Die bruid se pa bring haar in, lig haar sluier, soen haar op die voorkop, en met ’n handdruk aan die bruidegom gee hy haar af. Hy neem dan stelling in langs die bruid se ma.

Indien die ouerpaar geskei is, kan die pa in die volgende ry langs sy tweede vrou gaan sit.

Sy vriendin, of die vriend van ’n alleenloperma speel, as ’n reël, speel nie ’n rol nie en kom nie in aanmerking vir die troufoto’s nie.

Dokumentasie:

•Die huwelikskontrak word opgestel deur ’n regsadviseur en behoorlik onderteken.

Die aanwasbedeling is ’n gewilde keuse.

• Geskeides se finale egskeidingsbevel of ’n afskrif daarvan.

• ’n Weduwee of wewenaar moet die oorledene se doodsertifikaat hê.

• Albei se Id-dokumente.

• Albei se mediese sertifikate (wat ter wille van versekering soms benodig word).

Doen ’n proeflopie die dag voor die troue om te verseker alles verloop seepglad.

Ná die teken van die huweliksregisters deur die predikant, bruidspaar en getuies kan iemand, of ál die gaste hulle toesing.

Die gaste stap na buite, kry konfetti waarmee die bruidspaar bestrooi word as hulle uitgestap kom, gevolg deur die blomme- en strooimeisies, en die strooijonkers, elk regs van ’n strooimeisie. Daarna volg die ouerpare.

Huweliksbevestiger:

Die keuse van ’n geskikte huweliksbevestiger is een van die belangrikste aspekte van enige troue se beplanning – buiten die feit dat hy oor die nodige kwalifikasies moet beskik. Maak seker dat die huweliksbeampte ’n lisensie en ’n geldige aanstelling deur die Departement van Binnelandse Sake het om die huwelik te mag voltrek.

Indien die bruidspaar verkies dat die seremonie deur ’n vriend of familielid gelei word, kan hulle ’n gelisensieerde huweliksbeampte nader om die wettige deel van die huwelik te voltrek.

Die bruidspaar moet ’n huweliksbevestiger kies by wie hulle albei aanklank vind en mee gemaklik voel.

Dit is die bruidspaar se keuse hoe formeel, tradisioneel, godsdienstig, informeel of ontspanne die seremonie moet wees. Humor en interaksie tussen die paartjie, die gehoor en die huweliksbeampte help baie om die senuwees te kalmeer en dra by om die seremonie genotvol te maak.

Waar kan jy ’n geskikte huweliksbevestiger vind?

As die bruid en bruidegom nie aktief by ’n kerk betrokke is nie of aan verskillende denominasies behoort, kan hulle ’n interkerklike huweliksbevestiger nader.

•Vra vriende

•Troukoördineerders

•Trou- en onthaalvenues

•Vra jou pastoor/dominee

•Internet/Google

Konfetti:

Konfetti simboliseer oorvloedige seëninge.

Tradisionele gebruike was die strooi van roosblare en vere. Wit duiwe kan vrygelaat word. Met ’n bietjie kreatiwiteit kan hierdie deel van die troue ook baie spesiaal wees.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029