Juwele gelaai met Wêreldbeker-ambisie

Die Namibiërs begin vandag meeding om een van die twee plekke na die WB-toernooi volgende jaar in Engeland in te palm.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die Desert Jewels, Namibia se senior nasionale netbalspan, het Saterdag vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Zambië vertrek waar hulle vanaf vandag tot Saterdag in Lusaka in die Afrika-netbalkampioenskap sal meeding.

Vir Manuel Tjivera, hoofafrigter, gaan dit oor meer as net om deel te neem, maar ook om vir die Internasionale Netbalfederasie (INF) se 2019 Wêreldbeker in Liverpool te kwalifiseer.

Tjivera het seker gemaak hy versterk die nasionale span deur Jaumbuaije Zauana en Vendjihonga Katjaimo te betrek wat tans in Kaapstad hul netbal speel. Zauana, met die bynaam Bytjie, speel op provinsiale vlak vir die Wes-Kaap en het 'n goeie kompeterende rekord as doelskieter.

'n Derde Namibiese uitblinker in die buurland, Tuks en Gauteng se 21-jarige verdediger Juzelri Garbers, is egter nog op pad terug na volle fiksheid nadat sy laas jaar tydens die Varsitybeker-eindstryd haar knieligamente beseer het.

Tjivera sê: “Die spelers is opgewonde en borrel van energie vir die taak wat voorlê. Hulle besef wat op hulle wag en is gereed om hul beste te lewer. Die spelers is goed as 'n eenheid saamgesnoer en die nuus dat ons na Lusaka vlieg en nie per pad hoef reis nie, maak 'n groot verskil aan die span se moraal.

“Met die span op volle sterkte wil ons bitter graag onder die voorste drie lande eindig,” het die breier gesê.

Vijandamuje Kamberipa, die spankaptein, sê die Namibiërs is doelgerig om in Zambië te kwalifiseer.

“Ons het geen idee gehad hoe lank die reis per bus na Lusaka sou duur nie, maar het glad nie na die lang pad uitgesien nie. Noudat ons vlieg, is almal opgewonde en reg om in Lusaka die ander lande se spanne aan te pak,” het die kaptein vertel.

Die Juwele sal vandag in hul eerste botsing teen Uganda op die baan stap. Môre speel hulle teen Kenia, met die daaropvolgende wedstryde teen Zimbabwe (Donderdag), Malawi (Vrydag), Botswana en die gasheerspan Zambië (beide Saterdag).

Die Desert Jewels het in Junie vanjaar die Debmarine Pent-toernooi van Netbal Namibië teen Bo­tswana, Uganda, Zambië en Zimbabwe met styl ingepalm. Indien die spelers op hul spelpeil tydens die 2018 Pent-toernooi kan voortbou, kan die meisies beslis in Lusaka die opposisie laat kennis neem.

Namibië het aan die 1991 en 1995 INF Wêreldbekertoernooie deelgeneem wat onderskeidelik in Sydney (Australië) en Birmingham (Engeland) aangebied was. In 1991 het Namibië dertiende uit 20 lande en met die 1995 kompetisie 16de uit 'n rekordgetal lande van 27 geëindig.

In onlangse jare het die span egter nie aan die verwagtinge voldoen nie en was ook baie onaktief – tot vroeër vanjaar se deurbraak in die Pent-toernooi.

Slegs agt Afrika-lande bevind hulle tans onder die top 35 lande van die INF se nuutste wêreldranglys wat aan die einde van Julie 2018 op datum gebring is.

Suid-Afrika is vyfde (142 ranglyspunte), Malawi sesde (124), Uganda sewende (115), Zimbabwe het van 14de na 13de verbeter (84), Zambië van 16de na 17de (66), Swaziland klim van 23ste na 20ste (45), Botswana sak van 21ste na 22ste (38) en Namibië vorder met sewe posisies van 35ste tot 28ste (23).

Danksy hul vyfde en sewende plekke op die INF wêreldranglys kwalifiseer Suid-Afrika en Malawi regstreeks vir die 2019 Wêreldbeker. Twee plekke is egter oop waarvoor die deelnemende lande in Lusaka vandeesweek sake gaan uitspook.

Die Namibiese span is Vijandamuje Kamberipa (kaptein), Diana Tjejamba (onderkaptein), Jaumbuaije Zauana, Vendjihonga Katjaimo, Anna Kaspar, Selma Bittler, Imbileni Shuweninawa, Melissa Neis, Cherlyn Muesee, Uahengisa Tjozongoro, Uzuvira Tjipetekera en Cath­line Tjihero.

Afrigter Manuel Tjivera word deur Antoinette Wentworth as hulpafrigter bygestaan en Elsie du Plessis is die spanbestuurder.

- Bykomende inligting Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026