JSE stoom voort: Vyf rekords in 'n week
Die algehele indeks van die NSX het Maandag op 1 139,53 punte geëindig.
Die JSE het Maandag sy rekordlopie voortgesit en deur die 56?000-vlak gebreek.
Die algehele indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) het terselfdertyd ook op sy hoogste vlak sover vanjaar gesluit.
Die JSE indeks van alle aandele het Maandag 0,39% hoër op 56?163,59 punte gesluit - 1,73% hoër as ’n week gelede. Die algehele indeks van die NSX het op 1 139,53 punte geëindig, ‘n styging van bykans 2,97% of 32,86 punte teenoor die begin van verlede week.
Die plaaslike indeks van die NSX het Maandag op 569,61 punte gesluit. Dié indeks se hoogste vlak sover vanjaar was 579,47.
Die JSE se vertoning Maandag was nogmaals ’n nuwe rekordvlak – die vyfde in ses handelsdae. Al die subindekse behalwe goud was sterker.
Die beurs het gisteroggend vroeg die pas volgehou en was teen 09:30 Suid-Afrikaanse reeds 0,22% hoër op 56 285,7 punte.
Mix Telematics, wat 6,1% hoër verhandel het, en Adcock Ingram, 4,2% hoër, het die pas aangegee wat betref die hoogste persentasiestygings.
Kort op hul hakke was Capital Appreciation, wat met 3,95% geklim het, en ArcerlorMittal Suid-Afrika wat 3,05% hoër verhandel het.
Montauk Holdings, wat hernubare-energie-aanlegte ontwikkel, het egter swaar getrek en 10% laer verhandel.
Van die ander verloorders is Ellies Holdings, wat 7,6% laer was, Howden Africa (-7,5%) en Unicorn Capital (-7,4%).
Wat betref die gewig van die stygings het Naspers die mark gelei met ’n styging van 1,2% tot R2 914. Naspers het deur die loop van die oggend reeds sy algehele intradagrekord geklop met ’n aandeelprys van R2 939,97. Die aandeel – die grootste plaaslike maatskappy op die JSE – slaan die afgelope week die een sluitingstydrekord ná die ander. – Eie berig en Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie