Jou Kerskous dunner u00e9n duurder
Jou Kerskous dunner u00e9n duurder

Jou Kerskous dunner én duurder

Omdat Namibië nie 'n vervaardigingsekonomie het nie, ly ver­bruikers onder die pandemie se impak op voorsieningskettings.
Ronelle Rademeyer
­Ronelle Rademeyer



Namibiërs is uitgelewer aan leër winkelrakke en tekorte in voorrade wat wissel van motoronderdele, tot haar- en naelprodukte, elektroniese toestelle, badkamerteëls, toilette, fietse en kamptoerusting.

Boonop moet hulle meer hiervoor opdok.

Dit is omdat plaaslike verbruikers besonder uitgelewer is aan internasionale agterstande in vervaardiging- en voorsieningskettings. Feitlik alle verbruiksitems en nywerheidstoerusting word ingevoer.

Simonis Storm Securities (SSS) maan in 'n verslag oor globale voorsieningskettings Namibië bly kwesbaar vir die pandemie se invloed op fabrieke elders in die wêreld asook op invoere weens probleme in die skeeps- en lugvaartbedryf.

Volgens die verslag het dit swakhede in die ekonomie se produksievermoë uitgewys. Dit het ook die gebrek aan gediversifiseerde bronne vir ekonomiese groei ontbloot.

Die verwagting is Namibiërs se Kerskouse sal vanjaar minder bult as vorige jare omdat die items op hul wenslysies óf nie beskikbaar is nie, óf veel duurder kos.

Daarbenewens word voorspel ­verbruikers moet hulle staal vir verdere voorraadtekorte én om ­volgende jaar boonop méér vir produkte te betaal. Verwagte stygings in inflasie in 2022 is boonop die sousie waarin die kalkoen hierdie Kersfees bedien gaan word.



PLAASLIKE INVOERDERS

SSS het die impak van die onlangse internasionale handelskrisis vanweë allerlei oponthoude en produksievertragings op sewe plaaslike maatskappye ondersoek.

'n Invoerder van motoronderdele se invoere uit China was gemiddeld vier weke vertraag, terwyl hy agt weke vooruit vraghouers moet bespreek vir invoere uit Europa. Voor Covid-19 is sulke besprekings twee tot drie weke voor die tyd gedoen.

Dit blyk uit die verslag waar dit voorheen moontlik was om 'n spesifieke onderdeel van net een verskaffer af te bestel, moes die maatskappy nou tot tien verskaffers kontak en het selfs dan steeds gesukkel om genoegsame voorraad te bestel.

Was dit nie vir hierdie invoerpyne en voorraadtekorte nie, kon die maat­skappy se verkope die afgelope maande veel beter gelyk het, sê SSS.

Verder het die skeepskoste van 'n 12 m-vraghouer vanaf Sjanghai in China na Walvisbaai, van N$20 385 tot N$92 761 gestyg tussen Augustus 2020 en Oktober 2021, blyk dit uit die verslag.

Dit verteenwoordig 'n styging van meer as 335% in net meer as 'n jaar. Dit sluit boonop nie ander koste soos maritieme versekering en invoerheffings in nie.

Skeepsfooie word boonop in Amerikaanse dollar betaal, wat beteken die swakker rand het ook koste vir invoerders verhoog, sê SSS in die verslag.

Dié betrokke invoerder van motoronderdele is meegedeel skeepsvervoerkoste uit Europa styg in Januarie met meer as 40%.

Een van die ander invoerders, Namibia Engineering Corporation (NEC), het soortgelyke ervarings. NEC voer kragopwekkers, sonpanele, groot nywerheidsenjins, en mobiele hyskrane vir hawens, asook waterpompe vir gebruik in landbou en mynbou in.

Sekere van dié produkte het voorheen ses weke geneem om uit Australië hier aan te kom – nou duur dit 18 weke.

NEC het aan SSS gesê dit duur nou in die algemeen dubbel so lank vir ingevoerde toerusting om Walvisbaai te bereik. Dit het 'n negatiewe invloed op NEC se konstruksieprojekte en die maatskappy se kontantvloei lei daaronder omdat hy ten volle vir dié toerusting moet betaal lank voor dit in die land aankom. Die maatskappy se syfers toon 'n 12 m-vraghouer uit Europa het voor die Covid-19-pandemie sowat N$56 000 gekos. Dit kos nou tussen N$89 150 en N$106 980. In Europese terme is dit 'n styging van 71% en in die Namibiese konteks 91%.

Die styging in die koste van vraghouers uit China beloop 197% (van N$47 550 tot N$154 150) in Amerikaanse terme en 224% in Namibiese terme.

NEC moes die koste van sy projekte vir nuwe kliënte as gevolg van hierdie veel duurder invoerkoste met tussen 4 en 6% opwaarts aanpas, blyk dit uit die verslag.

'n Plaaslike groot- en kleinhandelaar in items vir badkamers skets 'n soortgelyke prentjie as die voorgenoemde invoerders. Sekere reekse teëls, krane, toilette ensovoorts was by tye nie in die land beskikbaar nie terwyl dié maatskappy sommige items vanjaar vir maande lank nie in voorraad gehad het nie.

Highway Importers, wat haar- en naelprodukte, kombuisware en elektroniese toebehore invoer, het vanweë die skeepsvragvertragings oorgeskakel na lugvrag, en betaal nou dubbeld soveel as voor die pandemie om hierdie produkte aan klante te lewer. Volgens SSS bly hierdie verskaffer se verkope swak.

Dit blyk meer Namibiërs het tydens die inperking verlede jaar begin fietsry en Cycletec sê hy beleef 'n styging in die vraag na fietse, maar voorraadtekorte briek sy verkope.

'n Plaaslike verkoper van kamptoerusting se syfers toon 'n 12 m-vraghouer uit Amerika se koste het gestyg van N$43 230 tot N$204 490.

Die internasionale tekort aan staal en verwante produkte, stygings in die prys van grondstowwe en die onluste in KwaZulu-Natal in Julie en die feit dat vrag nie vanaf die Durban-hawe vervoer kon word nie, het tot voorraadtekorte gelei.

Die styging in koste moes aan verbruikers deurgegee word, wat beteken hulle betaal nou meer vir kamptoerusting as voorheen, sê SSS in die verslag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026