Josh Strauss en Bulle se paadjies skei
Rugby
Cobus Claassen – Josh Strauss se terugkeer tot Suid-Afrikaanse rugby was van korte duur.
Dié ervare losvoorspeler het Donderdag bevestig hy “is klaar by die Bulle”.
Dit kom enkele maande nadat Strauss, wat in 15 toetse vir Skotland gespeel het, ’n kontrak van twee jaar met die Blou Bulle Maatskappy (BBM) gesluit het.
Daar word betroubaar verneem Jake White, die Bulle se direkteur van rugby, het Strauss onlangs via sy agent in kennis gestel hy is oorbodig by Loftus Versfeld.
Strauss het in ’n openhartige onderhoud gesê dit is duidelik die dinamiek by die Bulle het verander (sedert White in Maart in die pos aangestel is).
“Toe ek verlede jaar besluit het om terug te kom en vir die Bulle te speel, was dit 100% om gesinsredes.
“Ek het ook verskeie goeie aanbiedinge van Europese klubs oorweeg, maar het besluit om die groot salarisbesnoeiing te vat en huis toe te kom vir my gesin.
“Coach Pote (Human) het die vergunning gemaak dat ek tussen die Kaap en Pretoria kan pendel om by my vrou en dogters te wees (soos die Springbokke Duane Vermeulen en Schalk Brits in die 2019-seisoen).
“Hy het uit sy pad gegaan om ’n gelukkige spanomgewing te skep.”
Strauss sê “alles het sedertdien verander”.
“Natuurlik gaan dit nie alles oor geld nie. Die werklikheid is dat ek nou 43% minder kry (weens Saru se Covid-19-besparingsplan) ná die groot pay cut van verlede seisoen toe ek by die Sale Sharks weg is.
“Om dan boonop in Pretoria te sit sonder dat ek my gesin kan sien, maak dit baie moeilik.”
Edgar Rathbone, die BBM se uitvoerende hoof, het bevestig die partye het tot ’n vergelyk gekom.
“Hy was deel van ons planne, maar of hy wel speelkans sou kry, is ’n ope vraag.”
White het Springbok-agtstemanne soos Duane Vermeulen, Nizaam Carr en Arno Botha in die groep en Tim Agaba, gewese Blitsbok, herstel van ’n nekbesering.
Vir Muller Uys word ook ’n blink toekoms in die nr. 8-trui voorspel.
Dit is teleurstellend dat sy tyd by die Bulle so vinnig verby is, sê Strauss.
“Ek is al ’n goeie 14 jaar ’n beroepspeler en kan eerlikwaar sê ek het my kort tydjie by die Bulle die meeste geniet.
“Jy is dadelik deur almal in die groep welkom laat voel en daar was geen ego’s nie. Coach Pote is boonop een van die beste mense wat ek nog ooit ontmoet het.
“Dit is die ding met persepsies. Een ou dink jy is ’n leier en kan iets bied en die volgende ou dink glad nie so nie. Dit is jammer dat dinge so uitgewerk het.”
Strauss het aangedui hy is nog nie van plan om op te hou speel nie.
“My lyf voel nie soos ’n 33-jarige s’n nie. Ek is nog nie klaar nie en dit is ’n oorweging om in Frankryk te gaan speel, maar die mark is dood op die oomblik.
“Ek sal moet sien wat die toekoms inhou.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie