Jongste sterre vang die kollig in eindstryde
Windhoek, Rehoboth en die kus het almal spanne in die eindronde van die laerskole se seisoen.
Die onder 13-rugbyspan van die Walvisbaai Privaat Hoërskool is een van dié wat gerus dopgehou kan word in komende naweek se eindstryde van die Steers Superliga.
Die Walvisbaaiers was vanjaar 'n goeie teelaarde vir spelers wat vir die o.13 Cravenweekspan gekies is, met veral die atletiese senterpaar Jurenzo Julius en Louw Rossouw wat op die aanval baie gevaarlik is.
Juis laas naweek was dié twee spelers weer moeilik om te keer toe die Walvisbaai-span hul halfeindstryd teen Moria met 31-20 gewen het.
Net een span bly staan komende Saterdag in die Hage Geingob-stadion in hul pad, naamlik Pionierspark wat die finaal gehaal het deur vir Ruimte met 41-19 te oorheers.
Wanneer hulle Saterdag om 10:30 uitdraf, sal die Parkies egter deeglik bewus wees dat die besoekers van die kus nie liggeskat kan word nie.
Al die ander eindstryde word reeds Vrydag beslis. Die o.13A-liga (afskoptyd 13:20) sal 'n stryd tussen Orban Laerskool en Origo afgee.
In die semifinaal het dié twee onderskeidelik met Walvisbaai Laerskool (50-17) en Keetmanshoop Privaatskool (28-8) afgereken om hul plek in die grote in te neem.
Vrydag se program word afgeskop met die o.12-eindstryd waarin twee skole van Rehoboth mekaar die stryd sal aansê. Rehoboth Primêre Skool het die oorhand teen Parkies gekry (17-12), terwyl JTL Beukes met 12-5 die knoop teen Orban deurgehaak het.
In die o.11-finaal is Pro-Ed Akademie die trotse verteenwoordiger van Swakopmund, ná hul indrukwekkende vertoning in die halfeindstryd om van St. Joseph ontslae te raak (33-17).
Een van die Swakopmunders se sterre is hul vaskopstut Nicolaas van der Colf – 'n broerskind van die sterkman van vroeër jare, wyle Anton Boucher. Van der Colf blink glo as baldraer én stelskopper uit wat maar net deel van sy veelsydige sporttalent is.
Pro-Ed is bekend as 'n span wat groot toewyding ten toon stel en wat sover vanjaar 'n onoorwonne rekord gehandhaaf het. Hulle sal in die eindstryd (Vrydag 12:25) te doen kry met Windhoek Gimnasium, wat 'n taai halfeindstryd teen Windhoek Affies met 12-5 oorleef het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie