Jongmense dien gemeenskap

08 April 2021 | Gemeenskap
Elizabeth Joseph – Die Keetmanshoop Jeuginisiatief (KYI) het sedert sy ontstaan uitgebrei tot 'n gesonde span jongmense met 'n passie om 'n verandering in hul gemeenskap teweeg te bring.

Die groep is 'n geregistreerde nie-regeringsorganisasie en hul grootste strewe is om armoede uit te wis – nie net in Keetmanshoop nie, maar in die groter suidelike streek.

Sedert die organisasie se ontstaan het lede al verskeie projekte aangedurf, onder meer 'n Back To School-veldtog waar die span skooltasse, skryfbehoeftes en skooldrag aan behoeftiges geskenk het.

Vir hul komende “Winter Drive” beplan hulle om die mees kwesbare gemeenskappe op Keetmanshoop te identifiseer wat items soos komberse en kos benodig.

“Hierdie is maar twee van ons jaarlikse projekte en ons werk hard daaraan. Intussen maak ons ook pakkies op vir kwesbares en streef daarna om soveel mense as moontlik te voed.

“Natuurlik is daar finansiële beperkings, maar ons almal spring in wanneer dit nodig is,” sê KYI se skakelbeampte, me. Delri Stoffel.

Die groep se omgee vir die gemeenskap stop ook nie daar nie.

Verlede jaar het die organisasie 'n boodskap ontvang van 'n hartseer weduwee wat gesê het sy en haar kinders is sedert haar man se dood dakloos gelaat en dat haar Kerswens is om in 'n huis van hul eie te woon.

KYI sit toe koppe bymekaar en begin werk aan 'n plan om die vrou se droom te bewaarheid. Hulle het na lede van die publiek uitgereik en was verbaas oor die reaksie en die bereidwilligheid van die mense om te help.



HUIS OORHANDIG

“As mense sulke stories hoor, is hulle dikwels baie gretig om te help, maar sodra daad by die woord gevoeg moet word, raak hulle skielik weg. Dit is in sulke gevalle dat KYI-lede diep in hul sakke grawe om seker te maak dat projekte uitgevoer word,” het Stoffel gesê.

Saam het die groep twee weke lank fisies die bouwerk gedoen en voor Kersfees kon hulle die huissleutels aan die weduwee oorhandig.

Die organisasie het in die verlede 'n stuk grond ontvang en gesê hulle wil dit graag ontwikkel sodat hulle 'n groenskema van stapel kan stuur en sodoende werksgeleent­hede kan skep.

Die organisasie bestaan uit 30 lede en hulle moedig mekaar aanhoudend aan om 'n verskil in hul medemens se lewe te maak.

Hulle hoop voorts om al hoe meer mense betrokke te maak en ook om finansiële bystand te bekom wat dit vir hulle makliker sal maak om projekte in en rondom Keetmanshoop aan te pak.

“Ekonomiese en finansiële vryheid is nie iets wat vinnig bereik sal word nie, maar as daar meer hande saamwerk, sal enige organisasie 'n daadwerklike verandering kan maak,” is Stoffel se boodskap.

- [email protected]

Soortgelyk

 

79 nuwe gevalle, een sterfte

24 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer skuif met een, die van 'n 53-jarige vrou van Swakopmund, op tot 609. Vandag is 79 nuwe gevalle aangemeld waaronder 15 leerlinge...

LPM ruk op na NV

1 uur gelede | Politiek

Ondersteuners van die Landless Peoples Movement (LPM) is voor die hekke van die parlementstuine waar hulle 'n optog hou teen die verbod op hul leiers,...

RMB Song Night vier ’n dekade

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

3 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

5 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

6 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

7 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

16 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Sprinkane nou in 11 streke

16 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...