Jonges slyp in premierliga vir WB 2020

Namibië sal opnuut vir die 50-beurt o.19 Wêreldbeker moet kwalifiseer.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Namibië se nasionale o.19-krieketoefengroep het Saterdag sy eerste tree ter voorbereiding op kwalifisering vir die 2020 Wêreldbeker in Suid-Afrika gegee, toe hulle teen Samsung FNB Wanderers se eerste span gespeel het en die knie met 24 lopies moes buig.

Die jongmanne sal in die 2018-'19-seisoen in Krieket Namibië se 50-boulbeurt premierliga op 'n gereelde grondslag teen die senior klubspelers kans kry om hul tegniese vaardighede en samespel te verbeter en sommer ook sielkundig gebrei te word.

Namibië het in 2016 uitstekend by die Wêreldbeker in Bangladesj gevaar waar hulle selfs die magtige Suid-Afrika as verdedigende kampioenspan uitoorlê het. Met hul uitmuntende sewende plek (uit 16 lande) het die Namibiese brekers as die voorste assosiaatland outomaties vir die 2018-weergawe in Nieu-Seeland gekwalifiseer.

Ongelukkig was hul uitstappie vroeër vanjaar na Kiwi-land nie naastenby weer só suksesvol nie en hulle eindig algeheel 14de. Die gevolg is dat die spelers hard sal moet werk om volgende jaar weer teen Afrika-opposisie vir die wêreldtoernooi in die RSA te kwalifiseer.



WANDERERS IN BEHEER

Gerrie Snyman het as kaptein van Wanderers die loot gewen en die seuns eerste veldwerk laat doen.

Wanderers teken 'n billike 219/5 aan met slegs sewe ekstras wat deur die o.19's in die 50 boulbeurte afgestaan word. Vyftigtalle deur Snyman en JJ Smit het die jongspan besig gehou.

Wanderers se lopies kom van Karl Birkenstock (23 van 53 b, geboul Ettienne Beukes), Tershwin Raubenheimer (1 van 4 b, gevang Dian Neethling geboul Mel Theunissen), JC Balt (5 van 17 b, geboul Jan-Izak de Villiers), Gerrie Snyman (59 van 70 b, 3x4 1x6, gevang Beukes geboul Divan la Cock), JJ Smit (84 nie uit nie van 105 b, 1x4 6x6), Andrew Forrest (25 van 42 b, geboul De Villiers) en Pieter Rossouw (15 nie uit nie van 9 b, 1x4).

De Villiers neem 2/24 in sy ses boulbeurte, terwyl Theunissen (1/24 in 6 bb), Beukes (1/40 in 10 bb) en La Cock (1/35 in 9 bb) die ander drie paaltjies deel.

Met die vroeë verlies van die aanvangskolwers Eric Wilson (2 van 20 b) en Diwan Engelbrecht (0 van 1 b) het die o.19's uit die staanspoor op die agtervoet begin. Pieter Rossouw het Engelbrecht geboul en Wilson bvp betrap.

Die meer gesoute Dian Neethling van Walvisbaai het goed op nommer drie gevaar en drie viere grenstou toe gejaag voor hy vir 17 van 19 aflewerings uitgevang is.

Divan la Cock (34 van 59 b, 2x4) wat op nommer vier ingestap het, het sy stempel behoorlik teen die senior boulers afgedruk, maar word vanaf Forrest se boulwerk uitgevang.

Matthew de Gouveia (35 van 57 b, 2x4) van Walvisbaai wat ook vir die saamgestelde senior Welwitschia-kusspan speel, het oordeelkundig gekolf totdat Forrest hom laat uitvang het.

Die o.19-kaptein, Victor van der Watt (42 van 55 balle, 2x4 2x6, gestonk) was ongelukkig sy span se laaste lopiemaker. Die later kolwers De Villiers (bvp vir 1 van 5 b), Beukes (9 van 21 b, 1x4, gevang), Altus Opperman (4 van 10 b, geboul), Theunissen (13 van 23 b, 1x4, geboul) en Renier Bosman (11 nie uit nie van 25 b, 1x4) het ook geraap en skraap vir die totaal van 195 almal uit in 49.3 bb.

Vir Wanderers klop Rossouw (3/31 in 6 bb), Snyman (2/33 in 10 bb), Forrest (2/26 in 6 bb), Tiaan Gerber (1/11 in 3 bb) en Smit (2/20 in 4.3 bb) die o.19-kolwers en stuur 'n gesamentlike 20 wydlopers af om die o.19-kombinasie se telling aan te vul.



REUSE-SEGE VIR OLD BOYS

By Trustco United in Olympia kolf WHS Old Boys eerste en plaas 'n massiewe telling van 355/4 in 50 boulbeurte op die telbord.

Die eerste paaltjie het op 108 geval toe Henk van Zyl op 72 van 74 balle uitgevang is (9x4), ná 'n goeie vennootskap met Vernon Cloete (38 van 70 balle, 3x4).

Nóg drie vyftigtalle vir die Old Boys het gevolg. JP Kotze het die boulers met vyf viere en twee sesse gekasty (68 van 57 balle), terwyl Malan Kruger ingestap en 79 nie uit nie van 60 balle gemoker het (7x4 1x6). Christiaan Schumacher, meer bekend as 'n naatbouler, het sy kolfvermoë uitgestal met 62 van 42 balle wat een vier en drie sesse bevat het.

Die United-boulers het hulself geen guns bewys deur 19 wydlopers af te stuur nie. Dickson Vambe (0/73) en Dewald Nell (2/74) is in hul tien boulbeurte ewe veel as Louis Vermaak (0/70 in 9) gestraf, met Danie van Schoor die skaflikste op 1/58 in 10 bb.

United word in 43.5 bb almal vir 280 uitgeboul om die botsing met 75 lopies te verloor.

Die tuisspan se kolfhelde was Hendrik van der Walt (59 van 49 balle, 4x4 5x6), bygestaan deur dertigtalle van Dickson Vambe, Danie van Schoor en Dewald Nell.

Vir die Old Boys het Vernon Cloete se draaiballe hom 3/60 in 10 bb in die sak gebring. Henk van Zyl kon met 3/48 in 7.5 bb feesvier.



KUSSPAN SKRAAP DEUR

In Pionierspark het die Welwitschias-kusspan 'n suksesvolle besoek aan die CCD Tigers afgelê.

Die oranje tuisspan word almal uitgeboul vir 105 lopies in 25.4 bb. CCD is sommer dadelik geskok toe Ben Shikongo vir Joshuan Julius met sy eerste bal vir 'n nulletjie laat uitvang het. Hierna het die draaibouler Shalako Groenewald die oorhand gekry en ses paaltjies vir 17 in 8.4 boulbeurte ingeryg.

Jason Bolton se 24 en René Were se 17 was die enigste “hoogtepunte” vir die Windhoekers.

Die Welwitschias het egter op hul beurte ook in die modder vasgeval en eers nege paaltjies verloor, voordat hul laaste kolfpaar, Shikongo en R. Mans, 'n spannende sege met een paaltjie beklink het.

Die kusspan se wentelling van 108/9 in 25.3 boulbeurte was gebou op net twee kolwers wat dubbelsyfers behaal het, naamlik Shalako Groenewald (17) en Herman Karsten wat drie sesse geslaan het voordat hy op 38 van 35 balle uitgehardloop is.

Die drie CCD-boulers wat toegeslaan het, was Elton Ambambi (4/29 in 7.3 bb), Albert Mbembwe (2/25 in 7) en Norbert Manyande (2/17 in 5).

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042