Jong spannetjie op reis
Namibië se spannetjie het in Bulawayo, Zimbabwe, aangekom vir hul deelname vandeesweek aan die ITF en Konfederasie van Afrika-tennis (CAT) se Afrika o.14-reekstoernooi. Op die foto by hul vertrek uit Windhoek staan van links Sarel Janse van Rensburg, Dian Calitz, Raica Coelho, Sytisha Goagoses, Dominique Theron, Johan Theron (afrigter), Adam Diggle en Oliver Leicher. Die toernooi is vir die Namibiese juniors 'n gulde geleentheid om waardevolle punte op die Afrika-ranglys te verdien, wat hulle in staat sal stel om by toekomstige internasionale toernooie 'n beter ranglysposisie in te neem. Vir Adam Diggle, die land se topgekeurde o.12-speler, is hierdie sy eerste deelname buite die landsgrense. Die res van die spanlede het almal vorige ondervinding, met Raica Coelho (125ste op die CAT-ranglys) wat die meeste ervaring het. Sy en Dian Calitz was vroeër vanjaar ook by die Afrika o.14-kampioenskap in Benoni in aksie. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie