Jong helde met groen vingers
Jong helde met groen vingers

Jong helde met groen vingers

Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg – Die Voortrekkers in Namibië sowel as in Suid-Afrika het vanjaar ’n projek getiteld “’n Plekkie vir spekkie” van stapel gestuur waar lede spekbome in hul erwe geplant en dan foto’s daarmee geneem het om pryse te kon wen.

“Ons as Voortrekkers Namibië het die projek as inspirasie vir ons eie spekboomprojek gebruik. Aan die begin van die jaar het ons steggies van spekbome begin maak en dit in bakkies uitgeplant. Ons het toe die spekbome verkoop en omtrent N$10 000 vir Droogtehulp Namibië ingesamel,” sê Christo Boshoff, ’n graad 12-leerling aan Windhoek Afrikaanse Privaatskool en een van twee gebiedsleiers vir die Voortrekkers in Namibië.

Boshoff het verlede week die donasie aan me. Lizette Lötter oorhandig, wat Droogtehulp Namibië verteenwoordig het.

Lötter het haar waardering vir die harde werk en deursettingsvermoë van die Voortrekkers verklaar.

“Net om te dink aan die impak van hierdie donasie maak my klaar emosioneel,” het sy bygesê.

“Ons het gehoop om die projek nog groter te maak, maar met die nasionale inperkings was dit nie moontlik nie. Daar is wel nog ’n paar spekbome oor,” sê Boshoff.

“Ons het spekbome gekies omdat dit ’n inheemse plant is en baie min water benodig. Dit groei ook baie maklik en is ’n baie effektiewe verwerker van koolstofdioksied. Die verspreiding van spekbome is dus iets wat die natuur bevoordeel,” sê hy.

Boshoff glo die projek sal boere wat steeds swaarkry ’n bietjie kan help en sê die Voortrekkers oorweeg om die projek weer in die somer te hervat.

“Die keuse om die geld vir Droogtehulp Namibië in te samel, het sommer van die begin af net sin gemaak. Die Voortrekkers se grondslag is ‘God Drie-enig se openbaring aan ons deur die Bybel en die skepping’ en ons glo ook daarin om positiewe burgers te wees. Vir ons as Voortrekkers is die natuur baie belangrik en ons doen moeite om dit te bewaar,” sê Boshoff.

“Ons het hulle gekies omdat ons dan seker kon wees dat die geld na die regte mense sal gaan en dit ’n positiewe verskil teweeg sal bring. Ons het geweet ons kan só bydra tot iets wat baie groter is as onsself.”

Boshoff voel dankbaar om deel van hierdie projek te kan wees.

“Ek vind die projek absoluut inspirerend. Dit was wonderlik om te kon sien hoe gewillig mense is om te help en hoe maklik mense dit vir jou wil maak as jy probeer help,” sê hy.

“Daar is so baie wat ’n mens kan en wil doen dat dit amper oorweldigend kan wees. Hopelik kan die projek nog mense inspireer om dit verder te vat,” sluit Boshoff af.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23%