Jong haarkapper sterf in ongeluk

Motorongelukke eis drie lewens

04 August 2020 | Ongelukke
Kristien Kruger

’n 26-jarige haarkapper, Suné Gous, is Sondagmiddag in Klein Windhoek in ’n fratsongeluk oorlede.

Volgens die noodreddingsdiens wat op die ongelukstoneel was, het Gous beheer van haar motor verloor toe sy om ’n skerp draai gery het. Sy het glo in die hoek van ’n huis se muur vasgery en uit die motor geval. Sy het aan haar beserings omgekom.

Vriende en familie het op Suné se Facebook-blad hul hartseer gedeel. In die plasings word sy beskryf as iemand met “’n hart altyd oop vir almal” (Maryke Brenkman), “’n borrelende vreugdevolle mens” (Caroline Nell) en “’n sterk vrou met baie liefde en omgee” (Ansune Winborn).

NOG PADONGELUKKE

Vrydag omstreeks 23:00 het die pad ook ’n 29-jarige man se lewe geëis. Volgens die Namibiese polisie se verslag het hy in Uis by ’n draai tussen die dorp en nedersetting beheer verloor en die motor het omgeslaan. Hy het glo ernstige beserings opgedoen en is Saterdag in die hospitaal oorlede.

• Op dieselfde dag het ’n 44-jarige man in sy gehuurde motor 8 km voor Kamanjab verongeluk. Volgens die verslag het hy ook beheer verloor en die voertuig het gerol. Daar was vier insittendes, insluitend ’n eenjarige meisietjie. Almal is in ’n stabiele toestand hospitaal toe geneem.

• Twee motors het Saterdag op die B1-hoofpad tussen Ondangwa en Omuthiya gebots. Die ongeluk het ’n 49-jarige vrou se lewe geëis en nege ander passasiers het beserings opgedoen.

• Nog ’n aangemelde geval waar ’n bestuurder beheer verloor het, was Sondag op die grondpad tussen Maltahöhe en Helmeringhausen. Albei passasiers is uit die motor geslinger. Die 45-jarige man en 28-jarige vrou is met ernstige beserings hospitaal toe geneem.

DRONKBESTUUR

Vrydag omstreeks 19:00 het ’n 48-jarige man ’n vrou langs die pad in die Donkerhoek-nedersetting in Khorixas raakgery.

Volgens die verslag het die vrou beserings aan haar kop en bors opgedoen. Die man, glo onder die invloed van drank en sonder ’n bestuurslisensie, is in hegtenis geneem.

[email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

10 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

10 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

10 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

10 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

10 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

10 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

10 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...