Joernaliste gaan vir Covid-19 getoets word
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike werkers sal van volgende week af 200 000 Namibiërs in verskillende sektore in die land vir Covid-19 toets.
Joernaliste, wat aan die voorpunt van die stryd teen die pandemie sorg Namibiërs bly ingelig, sal ook getoets word.
Verder sal gesondheidswerkers, frontlinie in die bestryding van die koronavirus, saam met mense in die vis- en mynboubedryf getoets word.
Dié inligting is deur dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, bekend gemaak tydens die Covid-19-inligtingsessie wat Saterdag om 10:00 in Windhoek aangebied is.
Dié toetse sal Namibië sowat N$191 miljoen kos. Vroeër is bekend gemaak een toets kos N$954.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie