Joe Madisia maak hart oop oor donker wolk

Verskeur tussen gegriefdes en rouendes

13 October 2020 | Misdaad
Denver Kisting – “Ek is geskok en my hart is aan skerwe en vir seker ook dié van talle jonk en oud in Namibië.”

Só sê die vermaarde visuele kunstenaar Joseph (Joe) Madisia, oor die gruvonds verlede week in ’n vlak graf by Walvisbaai – vermoedelik dié van die verdwene me. Shannon Wasserfall (21).

Madisia is die grootoom van die 28-jarige me. Azaan Madisia.

Sy is verlede Woensdag op dié hawedorp in hegtenis geneem en het Vrydagmiddag op aanklag van moord en dwarsboming van die gereg in die Walvisbaai-landdroshof verskyn.

In reaksie op navrae van Republikein het Joseph Madisia hom Sondag tot Facebook gewend om sy hart uit te stort oor die tragedie wat Namibiërs tot in hul fondamente geskud het.

‘VERENIG IN GEBED’

In die eerste plek, lui Madisia se plasing, wil hy sy medelye betoon met Wasserfall se geliefdes.

“Ek is geskok en het steeds geen woorde nie. Mag God ons harte kalmeer. Daar is ’n donker wolk wat hier op Mariental oor my hang en ook oor die Madisia-familie op Walvisbaai. Ek wil hulle (die Wasserfall-familie) net vra om kalm te bly en laat ons in gebed verenig bly.”

Hy doen voorts ’n beroep op almal “om alles in die hande van die almagtige God te los, want geen ouer in hierdie wêreld weet wat ons kinders elke uur van elke dag maak nie. Kom ons bid vir ons seuns en dogters.”

Madisia sê hy is nie by magte om kommentaar te lewer oor wat na bewering gebeur het en uiteindelik tot Azaan se inhegtenisneming gelei het nie, omdat hy “geen benul het wat ontvou het nie. Derhalwe het ek geen woorde nie behalwe om te sê ja, die meisie Azaan is deel van my Madisia-familie; dus my kleinkind in die familie. Ek is baie jammer – vir almal se pyn; in albei families.”

Azaan Madisia bly in aanhouding en moet weer op 7 Desember vanjaar in die hof verskyn.

Komm. Moritz !Naruseb, die polisie se hoof van strafondersoeke, het vroeër gesê meer inhegtenisnemings word verwag.

’n Tweede persoon is Donderdag vir ondervraging ingeneem, maar is op dieselfde dag weer vrygelaat, het hy by navraag bevestig.

Die afgelope naweek het hy bevestig die polisieondersoek duur voort en in dié stadium is nog net een mens weens die tragedie aangekeer en voor die hof gedaag.

Wasserfall het in April vanjaar spoorloos verdwyn.

Ofskoon die oorskot wat verlede week in die vlak graf gevind is vermoedelik hare is, moet ’n forensiese ondersoek dit beslissend bepaal.

!Naruseb het verlede week op ’n nuuskonferensie in die hoofstad gesê hy kan nie in dié stadium ’n aanduiding gee van hoe lank dit sal duur vir dié proses om afgehandel te word nie.

Die gruvonds en die vlaag geslagsgegronde geweld waaronder Namibië gebuk gaan, het sedert Donderdag tot verskeie betogings oraloor die land gelei. - [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...