Job se geduld met Chinese op
Job se geduld met Chinese op

Job se geduld met Chinese op

Verskeie Namibiese leiers dring aan op respek vir landsburgers.
Augetto Graig


Augetto Graig - Die sekretaris-generaal van die grootste vakbond in die land, die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), en die leier van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) het Dinsdag daarop aangedring dat Chinese in die land Namibiërs met respek behandel.

Mnre. Job Muniaro en Job Amupanda het hulself sterk hieroor uitgespreek.

In sy nuusverklaring oor Werkersdagvieringe op 1 Mei het Muniaro na die onlangse skietvoorval in die Kavango-Oosstreek verwys.

“Ons veroordeel hierdie barbaarse optrede. China het die doodstraf, maar nou kom hulle hierheen en is nie bang om dood te maak nie. Werkers het nie die reg om by die werk tee te praat nie. Praat en jy kry ’n koeël. Dit is duiwels. Hierdie probleem met die Chinese sal nie end kry as ons hulle nie uit die land kry nie,” het hy gesê.

“Dié is Namibië. Namibië is vir Namibiërs. Wat de hel gaan aan, kamerade? Die meerderheid is Chinese staatsondernemings wat geen respek vir Namibiërs toon nie. Die werkers van hierdie land is siek en sat,” het die NUNW-leier gesê.

Amupanda het terselfdertyd ’n amptelike brief aan China se ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, gerig.

Die brief is ook aan die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, gerig.

Die AR-leier beskuldig die ambassadeur van oneerbiedige optrede die afgelope drie jaar en noem verskeie voorbeelde daarvan.

Amupanda sê die ambassadeur se reaksie op die skietvoorval waartydens ’n 32-jarige Namibiër na bewering deur sy Chinese werkgewer doodgeskiet is, was onsensitief.

Hy skryf: “Jou arrogante, onsensitiewe en neerhalende optrede sal nie langer geduld word nie.

“Ons waardeer nie en keur nie jou gedrag in ons land goed nie.”

Volgens staatsmedia het Yiming die dorpie Andara, waar die skietvoorval plaasgevind het, vandeesweek besoek.

Hy het die familie van die oorledene en ander inwoners glo aangemoedig om kalm te bly en geregtigheid te laat geskied.

Die ambassadeur het ’n beroep op mense gedoen om aanvalle, inbrake en plundery te vermy.

“Die Chinese ambassade in Namibië betreur Woensdag se misdaadvoorval in Divundu in die Kavango-Oosstreek, waartydens ’n Namibiër vermoor is,” het Yiming volgens die staatsmedia in sy toespraak gesê.

“Ons wil graag ons medelye teenoor die oorledene uitspreek, en ons opregte simpatie met die bedroefde familie betoon,” het hy gesê.

Afgesien van ontevredenheid met Chinese in Namibië het Muniaro hom ook uitgespreek oor die regering se onlangse besluit om mediesefondsbydraes te verhoog.

Volgens hom is die besluit sonder beraadslaging of behoorlike kommunikasie geneem en moet dit onmiddellik herroep word.

Verder dring die vakbond aan dat die regering 50% van alle myne besit, het Muniaro gesê.

“Dit is die enigste manier waarop die land van die dapperes ’n volhoubare ekonomie met sy eie hulpbronne kan verseker,” het hy gesê.

Werkersdag sal vanjaar op 1 Mei by die Katutura-sportvelde in Windhoek gevier word, asook op Walvisbaai en Lüderitz.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054