Jo Black se nuwe enkelsnit is hier!
Met meer as agt miljoen YouTube-kykers, sewe Ghoema-toekennings, honderde vertonings en ‘n naam wat geen bekendstelling nodig het nie, kondig Jo Black die vrystelling van sy nuwe album, Voel jy die Genade, aan.
Voel jy die Genade is ook die titel van die eerste enkelsnit op die album en dit inspireer jou tot diep in jou siel. Daar's passie in sy stem en ‘n eerlike boodskap in sy lirieke.
“Ek het regtig my hart en siel in hierdie album gestort. Ek het geweldig hard gewerk aan hierdie projek en my hoop is dat dit mense sal inspireer wanneer hulle daarna luister – net soos wat dit my geïnspireer het terwyl ek dit geskep het,” sê Jo.
Sy debuutalbum, Skepe, het die bedryf met mening getref en is met ‘n rekordgetal kykNET Ghoema-toekennings bekroon, wat onder meer insluit: Beste Nuweling, Beste Album van die Jaar en Beste Digitale Verkope van die Jaar.
Dié album het trippel platinumstatus behaal en word as die beste verkoper in die bedryf vir die afgelope twee jaar beskou.
Jo het ook sy debuut op die grootskerm gemaak met ‘n kameeverskyning in die Afrikaanse fliek Susters.
Hy is trots daarop om bande met Inhoud Huis Musiek te hê, en het sy splinternuwe album saam met Johan Vorster voltooi.
Voel jy die Genade sal beskikbaar wees op alle digitale platforms van 15 Februarie af, en kan nou reeds op iTunes bestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie