Jeug skenk aan kinders
Maria Eiseb - 'n Jeuggroep van Maltahöhe, bekend as Hope for Future Generations Group, het onlangs pakkies aan sowat 70 minderbevoorregte kinders op die dorp uitgedeel.
Volgens mnr. Michael Witbooi, voorsitter van die groep, het hulle die pakkies by die Operations Christian Churches-organisasie op Mariental gekry.
Witbooi het gesê die meeste van die kinders bly saam met bejaardes in haglike omstandighede.
Jaarliks ontvang verskillende organisasies dwarsoor Afrika skenkings van Amerika, en dit word onder die gemeenskappe uitgedeel, het Witbooi gesê.
“Hierdie keer was die pakkies vir ons kinders bestem,” het hy bygevoeg.
Die pakkies het onder meer sokkies, T-hemde, skryfbehoeftes, speelgoed en ook briefies van kinders in Amerika bevat, het Witbooi gesê.
Die briefies was glo boodskappies van bemoediging.
Tydens die oorhandiging het me. Veronica Katjikuru 'n maaltyd vir die kinders op haar sonpaneeloond voorberei, en mnr. Hercules Jantze het met die vervoer gehelp.
“Ek is bly as ons vir die kinders se onthalwe saamstaan,” het Witbooi gesê.
Volgens hom kon jy die waardering op die kinders se gesigte sien.
“Hulle het gestraal van blydskap en die glimlaggies was breed,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie