Jeug kry nuwe fees

Sport, loopbane en musiek is die hoofdisse

19 June 2017 | Gebeure
Namibië se heel eerste #Festival vir skoliere sal vanaf 7 tot 9 September 2017 in Windhoek plaasvind.
Die Hutstekenfees is Saterdagoggend formeel tydens die Interhoër tussen Windhoek Hoërskool en Windhoek Gimnasium deur Namibia Media Holdings (NMH) bekend gestel.
‘n Hele 45 skole van reg oor die land sal in nege “franchises” teen mekaar meeding in nege sportkodes. Die #Festival sal saamval met ‘n loopbaanskou waar skoliere met persone in verskillende beroepe kan gesels en die naweek sluit af met ‘n musiekkonsert ter viering van Republikein se 40ste verjaardag.
Sport help om gesonde sosialisering en akademiese sukses te bevorder. Net so het leerlinge eerstehandse kennis nodig oor die beroepe wat hul oorweeg voordat hulle ‘n besluit oor hul toekoms neem. ‘n Wye reeks moontlikhede vir elke skolier sal met praktiese raad aangebied word. Inligting sal ook beskikbaar wees oor buitelandse studiemoontlikhede en die koste om verder te gaan leer.
Motorhandelaars en banke sal raad gee oor die beste keuse vir ‘n studentemotor.
Elke “franchise” bestaan uit tussen drie en ses skole. Vier skolegroepe kom uit Windhoek en die oorblywende vyf uit die res van die land.
Die sport sal die Vrydag begin en die skole in elke “franchise” sal talent saamspan in deelname aan die 100 meter, vyf-aan-‘n-kant netbal, vier-aan-'n-kant strandvlugbal, dubbelspel in tennis, swem, vyf-aan-‘n-kant sokker, sewesrugby en vyf-aan-‘n-kant hokkie. Elke “franchise” sal “cheer leaders” hê om te bepaal wie die kreatiefste ondersteuning vanaf die kantlyn bied.
Die nege “franchises” en hul borge is: Die Arabian Knights (Shoprite), Canyon Rangers (Intouch Interactive Marketing), Coastal Dolphins (Paratus Telecom), Delta Lions (Newsprint Namibia), Etosha Ravens (KingPrice Insurance), Highfeld Cheetahs (Bank Windhoek), Oshana Patriots (Prosperity Health), Pionier Warriors (Republikein) en die Windhoek Saints (Deloitte).
Hou die media dop vir meer besonderhede oor die #Festival en besoek My Zone se Facebook-blad vir meer inligting en nuwe nuusbrokkies.

Soortgelyk

 

Tronkmoordenaars gevonnis

50 minute gelede | Howe

In ’n uitspraak wat vanoggend in die hoërhof in Windhoek gelewer is, het regter Dinnah Usiku vir Herman Rukero (28), Benedictus Afrikaner (31) en Maleachi...

Weg met Wambo, eis Hardap

13 ure gelede | Regering

Catherine Sasman - Inwoners van regoor die Hardapstreek het gister in ‘n konvooi na Windhoek gery om ‘n klagskrif aan die minister van stedelike en...

N$3 milj. vir Ya Toivo se begrafnis gevra

13 ure gelede | Regering

Catherine Sasman - Die sekretaris van die kabinet, mnr. George Simataa, het N$3 miljoen van die tesourie gevra vir die heldebegrafnis van wyle mnr. Andimba...

Weer vir 22 Junie 2017

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig oor die //Kharasstreek, met ligte reën oor die verre suidelike dele van dié streek. Elders sal dit mooi weer...

Man vas oor lyk in vlak graf

13 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht - ’n Man wat ’n klag van verkragting in die gesig staar, is in hegtenis geneem in verband met die moord van ’n...

DTA sleep Katjavivi hof toe

13 ure gelede | Regering

Catherine Sasman - Die amptelike opposisieparty, DTA van Namibië, sê dit gaan die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, voor die hof te...

Mensehandel: Nóg kan sit

13 ure gelede | Vervoer

Francoise SteynbergTwee verdagtes, onder wie 'n werknemer van Air Namibia op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, gaan vandag in verband met mensehandel in die landdroshof...

3 jaar tronkstraf vir korrupte raadslid

13 ure gelede | Misdaad

Die finansiële bestuurder van die Rehoboth dorpsraad wat verlede jaar op 11 klagte van korrupsie, bedrog en vervalsing in hegtenis geneem is, is in die...

Staatsaanklaer vas oor vermeende bedrog met verkeersboetes

13 ure gelede | Misdaad

'n Staatsaanklaer by die landdroshof op Otjiwarongo is met borgtog van N$2 000 vrygelaat nadat hy deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) op klagte van korrupsie in...