Jesuskind Jeamu00e9 se vele wonderwerke
Jesuskind Jeamu00e9 se vele wonderwerke

Jesuskind Jeamé se vele wonderwerke

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Sy wil haar kind gelukkig en gesond sien, sê Madelein Blignaut. 'n Pragtige, gebalanseerde, talentvolle vrou wat nie meer bekommerd hoef te wees oor wanneer haar volgende dialise gaan wees nie, wat enige plek in die wêreld heen kan gaan omdat sy gesond is, wat trou en kinders kry en floreer in haar beroep wat sy so graag wil doen!

Jeamé is meer as 'n maand te vroeg gebore. Haar skedelbene het nie heeltemal gesluit nie en sy moes onder ultravioletligte lê omdat sy geelsug gehad het. Hoewel baie babas geelsug kry, sou dit die eerste teken wees dat alles nie pluis was nie.

Volgens Madelein was haar dogter se piepklein voetjies en ook haar nek later blou gesteek om haar bilirubin-telling te toets.

Jeamé is met polisistiese niere gebore, wat eers op vier jaar “ontdek” is toe sy lewerversaking gekry het. Sy het altyd onraad vermoed, sê Madelein, en die diagnose kon uiteindelik verklaar waarom haar dogter se maag so groot was.

Dit was 'n geweldige skok om te lees wat die siekte behels – daar was in daardie stadium geen kuur nie en Jeamé se niere sou bly vergroot tot sy uiteindelik sou sterf.



JESUSKIND

Op vier was Jeamé se niere reeds 11 tot 12 cm groot, teenoor dié van volwassenes se 10 tot 13 cm. Haar lewerversaking sou die begin van vele hospitaalbesoeke wees.

Die dokter se opmerking dat sy dit “seker nie sal maak nie” het Madelein verwerp met 'n “jy gaan nie besluit of sy dit gaan maak of nie, sy gaan nog 'n Jesuskind wees en 'n lewende voorbeeld van 'n wonderwerk”. Min het sy toe geweet hoeveel wonderwerke sou volg.

Jeamé het van die lewerversaking herstel en afgesien daarvan dat sy nie juis aan sport kon deelneem nie, was sy altyd baie gesond. Niemand sou wis sy makeer iets nie, behalwe vir haar “groot magie” waaroor sy baie selfbewus was.

Hospitaalbesoeke was daar egter baie as gevolg van portale hipertensie, wat veroorsaak het dat die are in haar slukderm en verder af onder druk was en dan geskeur of gebloei het. Dit moes dan dringend afgebind of gebrand word om te keer dat sy haar doodbloei.

“Ons het letterlik elke pediater geken en hospitale was soms vir weke ons tuiste,” vertel Madelein.

In 2012 het nóg 'n diagnose gevolg - outosomale resessiewe polisistiese niersiekte, aangebore hepatiese fibrose met portale hipertensie, esofageale vergrote are en chroniese nierversaking.

“Ons was maar te bewus daarvan dat sy later nierversaking sou kry en 'n potensiële nieroorplanting. Ek het egter altyd bly glo dit sou nooit nodig wees nie en dat 'n wonderwerk sal gebeur.”



WONDERWERK

Wonderwerke was daar wel. In 2014, midde Jeamé se matriekeksamen en die dag van haar finale klaviereksamen, is nierversaking bevestig.

“Ons het besluit dit gaan ons nie onderkry nie, en om dankbaar van dag tot dag te leef, maar ook om Jeamé so ver moontlik 'n normale lewe te laat lei. Die lewe gaan aan, ons sal dit hanteer soos dit oor ons pad kom en dáárvoor sal ons die Krag kry!”

'n Fistula is vir Jeamé ingesit, sou sy dialise moes kry. In November 2014 was haar kreatinienvlakke goed onder beheer. Kreatinien word deur die niere uitgeskei, maar indien daar te veel in die bloed is, is dialise nodig. Sy het egter 'n lae bloedplaatjietelling, portale hipertensie én 'n vergrote milt gehad, maar 'n gastroskopie het gewys daar is geen are wat bloei of lek nie – 'n wonderwerk!

Madelein besluit toe om as nierskenker vir Jeamé op te tree indien dit nodig sou wees. Die lang, moeilike pad om toestemming vir die oorplanting te kry, begin met 'n aansoek by die Departement van Gesondheid (DOH) in Kaapstad. Dit was 'n hartsbesluit, sê Madelein, om haar kind te help om 'n normale lewe te kan lei.

“Al kos dit iets van my, weeg dit lig teen dít wat dit vir Jeamé beteken – 'n lewe sonder dialise, om heeltyd moeg en swak te voel, om te kan weggaan met vakansie sonder om bekommerd te wees oor waar sy dialise sou kry, om aan normale aktiwiteite te kan deelneem sonder om verskonings te moet uitdink hoekom sy nie kan nie.”

In April 2015 wys 'n toets ma en dogter is “100% versoenbaar”.

As skenker moes Madelein verskeie toetse ondergaan, waaronder verskeie bloed-, urien- en radiologiese toetse. 'n Fisiologiese verslag, asook 'n verslag van 'n sielkundige is opgestel, terwyl daar ook na haar mediese- en chirurgiese geskiedenis gekyk is. “Toe ek klaar is, het ek gewéét ek is gesond, daar was niks waarna hulle nie gekyk het nie!”

Hoewel die toetse plaaslik gedoen is, is dit na 'n koördineerder vir evaluering deur 'n komitee in Johannesburg gestuur.

Die pad wat hulle moes volg was “baie frustrerend, senutergend en moeilik”.

Die DOH se antwoord om op die oorplantingslys te kom, was negatief en selfs 'n brief aan die minister van gesondheid het geen positiewe resultate gelewer nie.

“Niemand wou sy eie posisie op die spel plaas om toestemming te gee nie.”



BLOEDPLAATJIE

Die probleem was dat Jeamé saam met die portale hipertensie 'n toestand gehad het wat nie net haar niere aantas nie, maar ook haar lewer en milt. Ook het haar bloedplaatjietelling drasties verminder, wat beteken haar bloed stol nie vinnig genoeg nie en haar HB-telling was baie laag.

“Die DOH het probeer om die hele oorplantingsproses te omseil deur te sê as sy nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie, sy nie in aanmerking kan kom vir 'n oorplanting nie. Sou hulle dit goedkeur, moes 'n gesamentlike nier- en leweroorplanting gedoen word.”

'n Besluit het toe gevolg om deur die Wits Donald Gordon-hospitaal te werk om die oorplanting goed te keur. Weer het 'n magdom toetse gevolg en in September 2015 het prof. Song in 'n verslag bevestig Jeamé se lewer het tot so 'n mate herstel dat 'n leweroorplanting nie nodig is nie. Die Suid-Afrikaanse mediese raad het egter voet by stuk gehou dat sy nie vir 'n nieroorplanting kwalifiseer nie.

In Oktober 2015 het Jeamé vir 'n gastroskopie gegaan om aan die komitee te bewys sy het nie are wat bloei nie, en haar portale hipertensie asook haar lewer is onder beheer. Haar slukderm was sonder enige teken van enige aar wat bloei.

“Ek het net vir die Here dankie gesê. Soveel wonderwerke het al met hierdie kind gebeur dat nog vele meer beslis kán en sál volg.”

Die dokter wat die gastroskopie gedoen het, besluit toe om ook 'n hele paar biopsies te doen. Hoe meer sy doen, hoe meer bloei Jeamé inwendig.

“Ek kon dit later net nie meer hanteer nie en die gevolge was traumaties. Haar HB-telling het só ver geval, sy moes vir 'n week gehospitaliseer word as gevolg van die inwendige bloeding. Haar nierfunksie het verder verswak en sy moes daarna op dialise begin gaan!”

Van 'n student ver van haar ouerhuis sonder dialise na 'n student mét dialise!

Jeamé het intussen die laaste deel van haar eerste jaar in aptekerswese tuis kom doen omdat sy voortdurend moeg was. Sou sy tussen klasse gaan rus, het sy só vas geslaap dat sy nie eers haar wekker hoor afgaan het nie. Sy het egter haar eerste jaar aan die Noordwes-universiteit met vlieënde vaandels geslaag danksy wonderlike mense wat haar hier ondersteun het.



STUDENTELEWE

In November 2015 is 'n Suid-Afrikaanse prokureur gekry om toestemming vir die oorplanting af te dwing. Weer eens was die DOH se verweer dat Jeamé nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie.

In 2016 keer Jeamé terug universiteit toe om haar studies voort te sit.

“Vir my as ma was dit baie swaar om te weet my kind het nie regtig 'n studentelewe nie. Sy het sterk morele en Christelike waardes en besoek nie klubs nie. Sy kan ook nie al die studentegeleenthede bywoon nie, want sy moet twee keer per week vir dialise gaan, wat maklik vyf ure duur. Daarna is sy só moeg dat sy in elk geval net gaan slaap.”

Jeamé se vriende het haar gehelp om notas in te haal wat sy gemis het. Haar dogter se “ongelooflike moed en deursettingsvermoë” het Madelein deur al die jare verstom.

“Sy kla nie oor haar 'toestand' nie, maar bly glo God sal op Sy tyd die deurbraak vir 'n nieroorplanting gee.”

In November 2016 was Jeamé in Johannesburg vir die moontlikheid om haar erg vergrote milt te verwyder – 'n moontlike oorsaak van haar lae bloedplaatjietelling. Weer het verskeie toetse gevolg, waaronder 'n beenmurgtoets.

“My senuwees was klaar en my hart het vir my kind geskeur. Wat kon ek doen om dit vir haar beter te maak? Al wat ons as ouers kán doen, is om ons kind deur hierdie moeilike tyd te ondersteun. Mens moet sterk wees as ouer, want as jy knak, knak jou kind, so as jy huil, huil jy alleen!”

Jeamé se milt sou uiteindelik nie verwyder word nie, omdat sy dan nie 'n nieroorplanting sou kon kry nie.

Vanjaar is Jeamé weer terug universiteit toe vir haar derde jaar in aptekerswese. Weer was pogings vir 'n oorplanting nie suksesvol nie - al hét sy in Februarie Suid-Afrikaanse burgerskap gekry. 'n Lewer- en nieroorplanting sou egter oorweeg word.

“Dit het beteken ek kon nie 'n nier skenk nie, want ek kan nie albei gee nie. Ons was platgeslaan, maar het weer eens besluit ons gaan nie moed opgee met ons kind nie! Ons gaan aanhou tot hulle besluit sy het net 'n nier nodig en dat haar lewer dit sal kan hanteer.”

Omdat sy steeds 'n potensiële skenker is, moes Madelein 'n paar leefstyl-aanpassings maak en so ver moontlik probeer om dit te handhaaf. In Julie vanjaar het die komitee op 'n TIPS-prosedure besluit waartydens iets soos 'n stent in Jeamé se aar geplaas word om dit oop te hou en die portale hipertensie te verlig. Twee dae voor die operasie is dié besluit laat vaar, omdat haar are te klein was.

Terug in Windhoek is 'n week later op 'n meso caval shunt besluit waartydens 'n aar uit Jeamé se nek gehaal word en dit dan tussen die portale aar en haar milt ingelas word. Dit sou die druk op die milt verminder, asook die portale hipertensie.



GENADE VAN BO

Ná dié operasie en verskeie wonderwerke later, het Jeamé se bloedplaatjietelling van 29 tot 106 gestyg, terwyl ander bloedtellings ook verbeter het.

Sy is egter met 'n infeksie in die hospitaal opgeneem en die dokter was nie seker of die nuwe aar oop is en of daar bloedvloei deur die aar is nie. Met genade van Bo is egter bevestig die aar is wel oop en die operasie was 'n sukses.

Tans het Namibië nie 'n oorplantingsregister nie, maar verskeie suksesvolle nieroorplantings is reeds in die Ongwediva Medipark met die hulp van spesialiste uit Johannesburg gedoen. Vir Jeamé was dit 'n opsie, maar haar geval is uniek, en sou daar iets verkeerd loop, kan daar onder meer 'n probleem met bloed wees.

Sy wil haar kind so graag gelukkig en gesond sien, sê Madelein.

“My dogter is werklik 'n inspirasie vir almal wat so kla oor klein dingetjies in plaas daarvan om elke dag op te staan en dankie te sê vir 'n groot God wat wonderwerke laat gebeur en wie se genade elke dag vir ons genoeg is!”

As dit God se wil is dat Jeamé haar oorplanting kry, glo Madelein “ons is nou amper daar”.

Die operasie sal in Suid-Afrika plaasvind onder die wakende oog van spesialiste met toegang tot 'n wye verskeidenheid kenners en in 'n hospitaal wat op nier- en lewerprobleme gefokus is.

“Alles sal gebeur op God se tyd, want Hy weet wat Hy vir ons beplan om Sy doel te verwesenlik!”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057