‘Jerusalema’-sanger vir MTV-prys benoem

08 October 2020 | Kuns en vermaak
Daar is g’n keer aan die opgang wat die Suid-Afrikaanse sanger en musikant Master KG met sy wegholtreffer “Jerusalema” maak nie.

Master KG, die verhoognaam van Kgaogelo Moagi, is Dinsdag vir ’n prys by die MTV European Music Awards (EMA’s) benoem.

Hy kom in die kategorie vir beste musikant van Afrika teen Burna Boy (Nigerië), Rema (Nigerië), Sheebah (Uganda), Gaz Mawete (Demokratiese Republiek die Kongo) en die Suid-Afrikaners Kabza de Small en DJ Maphorisa te staan.

As Master KG – of De Small en Maphorisa – wen, sal hy die eerste Suid-Afrikaner sedert Freshlyground in 2006 en LCNVL in 2013 wees wat die prys kon verower.

Aanhangers word aangemoedig om tot 2 November op https://www.mtvema.com/en-africa/vote/ vir Master KG te stem.

“Ek is vir ’n MTV EMA benoem. Help my om te wen deur op die skakel te klik,” het Master KG op Facebook gevra.

Die MTV EMA’s word op 8 November uitgedeel. Meer besonderhede oor die prysuitdeling moet nog bekend gemaak word.

As dit afhang van Master KG se aanhangers en die “Jerusalema”-koors wat die wêreld steeds beet het, sal hy in alle waarskynlikheid loshande die prys wen.

Die liedjie se musiekvideo is teen Woensdag meer as 173 miljoen keer op YouTube gekyk en het ’n wêreldwye dansuitdaging ontketen, met nog geen einde in sig. - Netwerk24

Master KG sal op 5 November by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) optree.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...