Japannese visserboot binnekort geskrap
Erwin Leuschner – Meer as ’n jaar ná die Fukuseki Maru No. 7, die Japannese visserboot wat by Durissa-baai naby Rondeklip op ’n rotsbank gestrand het, gaan dit geskrap word.
Tenderprosedures hiervoor het pas afgeskop – heelwat later as die tyd wat die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, vir die verwydering van die boot aan die eienaars voorgeskryf het.
Die boot moes al teen die einde van Julie verlede jaar verwyder gewees het.
Die 48 meter lange boot het in die vroeë oggendure van 22 Maart 2018 op die rotse geloop.
Die 24 bemanningslede het die boot per helikopter ontruim.
Mnr. Mitsuhiro Toda, van Toda & Co-prokureurs, het die tenderproses deur middel van ’n koerantadvertensie van stapel gestuur.
Ondernemings het tot 31 Mei tyd om hul tenders in te sit.
“Kort ná die boot op die rotsbank gestrand het, het Nippon Salvage Company probeer om dit van die rotse te af te kry. Weens tegniese probleme is dié poging op 9 April gestaak,” het Tado in die advertensie gesê.
Die minister het op 10 April beveel die boot moet binne 90 dae verwyder word.
“Die boot moet binne dié tydperk van sy huidige posisie na Walvisbaai gebring word en daar in ooreenstemming met Namibiese wette geskrap word,” het die opdrag gelui.
Hiervolgens moet die booteienaars verseker die see word nie deur olie of ander gevaarlike stowwe besoedel nie.
Hoekom die boot nou eers geskrap gaan word, is nie duidelik nie, en mnr. Julius Ngweda, woordvoerder van die ministerie, kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Volgens die advertensie is die wegsleep van die boot nie ’n haalbare opsie nie en moet na moontlikhede gekyk word om die boot stuk-stuk te verwyder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie