Japan reg om eerste te stem
Japan reg om eerste te stem
Polisie, weermag stem ook
13 November 2019 | Politiek
Denver Kisting – Namibiërs wat tans in Japan is, kon sedert middernag die eerste mense word om aan vanjaar se presidensiële en Nasionale Vergadering(NV)-verkiesings deel te neem.
Mnr. Theo Mujoro, die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), het omstreeks 15:00 gister gesê alle kiesmateriaal het sowat drie ure vantevore in Japan aangekom.
“Ons hou sake op ’n mininuut-tot-minuut grondslag dop,” het hy gesê.
Mujoro het gesê vanweë logistieke uitdagings word tradisionele stembriewe by alle buitelandse sendings gebruik – en nie elektroniese stemtoestelle (EVM’s) nie.
Mujoro sê alle stemgeregtigde Namibiërs wat in Japan is, ongeag of hulle daar woon, mag hul kruisie daar trek.
Hy sê die ECN maak gebruik van amptenare van die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking om as kiesbeamptes te dien.
Dié mense is plaaslik opgelei om die proses te behartig, het hy gesê.
Sodra die kiesbeamptes die stemme getel het, moet die voorsittende beampte die uitslae bekend maak en ten toon stel, sê Mujoro.
China volg ná Japan, het hy gesê.
Seevarende personeel en lede van die Namibiese polisie, die weermag en korrektiewe dienste stem ook vandag.
Ander stemgeregtigde Namibiërs kan op Woensdag 27 November hul kruisie trek.
- [email protected]

Soortgelyk
KOLLIG Voorblad
1 dag gelede | Byvoegsels
ECN gaan Itula se aansoek teenstaan
1 dag gelede | Politiek
Ekonomie bloei lánkal
1 dag gelede | Plaaslik
NOU AAN DIE GANG
1 dag gelede | Byvoegsels
Geskorste raadslede van Rehoboth herkies
1 dag gelede | Regering
Weer vir 13 Desember 2019
1 dag gelede | Weer
STEMFEITE: NAM & SA 2019
1 dag gelede | Politiek
NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer
1 dag gelede | Howe
CoW baklei teen beslaglegging
1 dag gelede | Regering
Kleinadvertensies