Jan Robbertze verloor sy stryd teen kanker
Jan Robbertze verloor sy stryd teen kanker

Jan Robbertze verloor sy stryd teen kanker

Namibië het 'n baanbreker in die beesvleisbedryf verloor.
Ronelle Rademeyer
Een van die grondleggers van die Namibiese vleisuitvoerbedryf, mnr. Jan Robbertze, is Maandag­oggend in die ouderdom van 82 jaar in 'n aftreeoord in die Paarl oorlede.

Hy was 'n bekende in landboukringe, en spesifiek in die vleisbedryf, van die destydse Suidwes-Afrika.

Robbertze is in Januarie vanjaar met 'n kwaadaardige gewas op sy brein gediagnoseer.

“Hy was 'n grondlegger van die beesvleisuitvoerbedryf in Namibië en moes as eerste hoofbestuurder van Swavleis (nou Meatco) onder meer verseker dat die destydse stigtingsdoelwittte suksesvol deurgevoer word,” sê mnr. Faan Conradie, 'n vriend en destydse kollega van hom.

Onder sy bekwame leiding is daar in die sewentigerjare vir die eerste keer 'n abattoir en beesvleisverwerkingsaanleg vir uitvoere na die destydse Europese mark (Europese Gemeen­skap, EG) toegelaat.

Nadat hy in die vroeë sestigerjare as hoofrekenmeester by FCU, die destydse landboukoöperasie, werksaam was, het hy saam met wyle mnr. Johny Hamman (snr.) die koöperatiewe wêreld verlaat om as rekenmeester die bekende Safari Motel aan die buitewyke van Windhoek te begin.

Na 'n paar jaar het hy hom by Karoo Lewendehawe SWA aangesluit waar hy die finansiële hoofbestuurder geword het.

Tydens die groot droogtes van die vroeë sewentigerjare is hy deur die voorsitter van die Karoo-groep, mnr. Jan Pickard, versoek om die abattoir en vleisverwerkingsaanleg op Okahandja, Karoo Meat Packers, te heropen en weer te bedryf nadat dit ses jaar gesluit was.

Onder sy bestuur het dié maatskappy binne ses maande gekwalifiseer om onder die Lomé-konvensie beesvleis na die destydse EG-lande uit te voer. Daar is later ook na verskeie Europese lande buite die EG uitgevoer.



LEIDENDE ROL

Hy was die inisieerder van baie sake-aksies soos die vestiging van die eerste formele beesvoerkraal in Namibië met 'n staankapasiteit van meer as 4 000 beeste, kleinhandelslaghuise sowel as groothandel-vleisdepots.

Robbertze het 'n leidende rol gespeel met die stigting van Swavleis in 1984 en is as die eerste hoofbestuurder van die nuwe vleiskorporasie aangestel.

Hy moes die sakebelange van maat­skappye soos Karoo Meat Packers Okahandja, Impala Meat Otavi, Damara Meat Packers Windhoek, sowel as die fabrieke van die Eerste Nasionale Ontwikkelingskorporasie (Enok) op Oshakati en Gobabis verenig en in een, sterk span saambind. Dit het gelei tot die mees suksesvolle vleisverwerkingsorganisasie in Afrika.

In die laat tagtigerjare het hy Meatco verlaat toe sy gesondheid verswak het.

Hy het hom in Suid-Afrika gaan vestig en later weer tot die vleisbedryf toegetree waar hy as Kanhym-Karoo SA se bemarker van die jaar aangewys is.

Robbertze het ook baie gedoen om gholf in die destydse Suidwes-Afrika uit te bou.

Robbertze laat sy vrou, Baba, twee seuns, Cassie en Gerhard, vyf kleinkinders en een agterkleinkind agter.

'n Gedenkdiens word Vrydag by die Groenleegte Aftreeoord in Noorder-Paarl gehou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 342.88/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 885.90/T UP 1.09% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 342.88/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 885.90/T UP 1.09% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024