Jan Möhr en HTS se rapporte by skoolhoofde
Henriette Lamprecht
Die kantoor van die ombudsman het verskeie klagtes van ouers van leerlinge verbonde aan die Sekondêre Skool Jan Möhr en die Hoër Tegniese Skool (HTS) in Windhoek ontvang.
Dit spruit voort uit die feit dat van die leerlinge se rapporte teruggehou is omdat sekere betalings volgens die skool nie gedoen is
nie.
Die uitkoms van 'n ondersoek deur die kantoor van die ombudsman was dat dié betrokke skole sukkel om beloftes van vrywillige skoolfooie, uitstaande lootjiekaartjies, sowel as verlore handboeke te verwesenlik.
Volgens die kantoor was die skole se voorneme nooit om rapporte terug te hou nie, maar om dié kwessies met die betrokke ouers te bespreek.
Dit wou egter voorkom asof dié voorneme nooit “behoorlik oorgedra” is nie wat gelei het tot 'n misverstand dat rapporte weens onbetaalde fooie teruggehou is.
Reëlings is intussen met die skoolhoofde van die twee skole getref vir ouers om rapporte by hul onderskeie kantore te gaan afhaal.
HTS-leerlinge wat nog nie hul rapporte het nie, kan dit vandag vanaf 08:00 tot 09:00 by die kantoor van mnr. Connis Christoff gaan haal. Leerlinge van Jan Möhr kan hul rapporte môre vanaf 07:30 tot 12:00 by kantoor van mnr. Gordon Goeieman afhaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie