Jakkals rig Wit Hingste af
XEROX Wanderers het Maandag ’n nuwe bestuur vir 2009 gekies. Die bestuur van die rugbyklub is Neels Dodds (president), Pieter Fick (voorsitter), Talitha Fick (ondervoorsitter), Gawie Koekemoer (tesourier), Regardt Kruger (klubkaptein), Faan Horn en Phillip Bredenhann as bykomende lede.
Die klub het ook vanjaar nuwe afrigters. Jakkals Pretorius en Carsten Seggert vanaf Bonn in Duitsland gaan vanjaar se spanne afrig. Marius Meuwesen en Deon Lourens is die spanbestuurders.
Wanderers bedank graag Xerox, Castle Brewing, Namibia Beverages en anonieme kontantborge vir hul ondersteuning.
Die klub het reeds met oefensessies begin en nooi alle lede en nuwelinge om op Maandae, Dinsdae en Donderdae om 18:00 aan te sluit.
Vir meer inligting kan Jakkals Pretorius by 081 122 3629 gekontak word.
Die Wit Hingste het op 15 November verlede jaar hul beste spelers vir 2008 beloon. Foto’s van die wenners verskyn hiernaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie