Jagvereniging vereer uitblinkers

'Een van die doeltreffendste verenigings'

06 December 2018 | Ministeries
Elvira Hattingh



Die Namibië ­Professionele Jag­vereniging (Napha) het tydens hul 45ste jaarvergadering verlede Dinsdag wyle mnr. Frank Heger met die toekenning vir die aktiefste Napha-lid van die jaar vereer.

Sy vrou, Gudrun, het die Klein Buffel-trofee en prysgeld namens hom ontvang. Dié geld sal aan 'n liefdadigheidsorganisasie geskenk word.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het Heger se trofee, asook ander trofeë tydens die geleentheid aan wenners oorhandig. Mnr. Royston Wright, uitvoerende komiteelid van Napha, het tydens die vergadering gesê Heger is in 1996 tot Napha se uitvoerende raad verkies en het die daaropvolgende jaar as vise­president opgetree.

Hy het ook in die dissiplinêre komitee gedien.

“Hy was aan die stuur van Napha van 1998 tot 2005 en het die vereniging selfversekerd en suksesvol in ooreenstemming met professionele beginsels gelei. Tussen 2007 en 2013 was hy 'n lid van die uit­voerende komitee in 'n raadgewende hoedanigheid.

“Sy bevoegde en ­toonaangewende leierskap het Napha gehelp om 'n uitstekende reputasie op ­nasionale en internasionale vlakke te ontwikkel. 'n Mens kan met reg sê Napha het 'n goue tydperk onder Frank Heger se leiding beleef, en het een van die land se doeltreffendste ­verenigings geword,” het Wright gesê.

Geen bewaringspersoonlikheid is vanjaar aangewys nie, omdat ­eenstemmigheid oor 'n wenner nie bereik kon word nie.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

23 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

23 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

23 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

23 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

23 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

23 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...