Jagters by kruispad

'Stel bewaring eerste'

03 May 2019 | Omgewing
Francoise Steynberg - Almal moet besef ons is besig om die enigste tuiste wat ons het, te vernietig.

Nóú is die tyd om bewaring eerste te stel, het mnr. Shane Mahoney gister by die 66ste jaarvergadering van die Internasionale Raad vir Wild en Wildbewaring (CIC) gesê.

Mahoney, ’n wêreldbekende wetenskaplike, wildkenner en natuurbewaarder, het Namibië as suksesmodel voorgehou vir natuurbewaring en die volhoubare gebruik van wild.

“Namibië met sy nasionale parke, kommunale bewaringsgebiede en private natuurreservate slaag hierin en is ’n bewys van hoe goed dit gedoen kan word,” het hy gesê.

Sowat 200 afgevaardigdes van verskeie lande wêreldwyd woon die konferensie met die tema “Crossroads - Leading the Way for Wildlife Conservation” tot môre in die hoofstad by.

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) is lede van die CIC en bied die konferensie aan.

Mahoney het gesê dit is nie moeilik om te verstaan waarom mense teen jag gekant is nie – hulle glo nie jagters stel bewaring eerste nie.

“Waarom bestaan hierdie mening oor jag? Die jagwêreld het die doodmaak van die dier as die wese van jag bevorder en jagters moet help om van hierdie wanopvatting ontslae te raak,” het Mahoney gesê.

“Met die beeld van ’n dooie, bloedbesmeerde dier met sy glasige oë en ’n glimlaggende jagter agter hom, skep jagters vir hulself groot probleme.

“’n Grusame video van ’n bobbejaan wat deur sy kop geskiet word, wys nie jagters stel die natuur eerste nie.”

Mahoney sê jagters neem nooit aan gesprekke oor die wetenskap deel nie en swyg oor kwessies soos dierewreedheid- of welsyn.

Hy sê jagters vervreem inheemse en landelike mense wat eintlik hul bondgenote moet wees.

“Hierdie probleme kan opgelos word. Sosiale neigings kan nie omgekeer word, beheer of gemanipuleer word nie. Werk saam met sosiale neigings om jag in ’n positiewe lig te stel.

“Slagters en veeboere wat ook diere doodmaak, word wêreldwyd gerespekteer, maar jagters nie. Jagters moet aan die publiek wys hulle gee ook vir diere om,” sê Mahoney.

Hy sê dit is nou tyd dat jagters hulself op ’n meer professionele vlak moderniseer.

Die president van die CIC, mnr. George Aman, het gesê die jaggemeenskap is inderdaad by ’n kruispad waar bewaring op die voorfront geplaas moet word.

“Sonder wild en bewaring kan daar nie gejag word nie,” het hy gesê.

WILDSTROPERY

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gesê wildbewaring is slegs suksesvol as die mense van die land of streek voordeel uit die volhoubare gebruik van wildbronne kan trek.

“Hierdie bewaringsmodel het vir Namibië gewerk en werk steeds vir ons, omdat ons wildbevolkings oor die jare toegeneem het, want plaaslike gemeenskappe het die waarde van wild besef.

“Nou is die regte tyd om die boodskap uit te stuur dat die volhoubare gebruik van ons wildlewe die toekoms van bewaring is,” het Shifeta gesê.

Hy het gesê die voorkoming van wildstropery sal ook by die konferensie bespreek word – veral olifant- en renosterstropery wat in Afrika toeneem.

“Die kwessie van onwettige wildhandel en korrupsie sal ook bespreek word. Stropery en korrupsie ondermyn ons bewaringspogings en moet uitgeroei word,” het Shifeta gesê.

Die CIC het ten doel om volhoubare jag as instrument vir bewaring te bevorder en wildstropery te beveg.

Soortgelyk

 

Regering staan bakhand vir 2% van Namibiërs se jáárlikse...

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die verwarring oor of die regering Namibiërs vra om 2% van een maand of een jaar se basiese salaris te skenk, is...

Making employees feel at home at Plastic Packaging

1 dag gelede | Mense

JONELL MALAN Human resource management is a function in organisations designed to maximise employee performance in the service of an employer’s strategic objectives. One empowers...

Duisende registreer vir e-taks

1 dag gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

1 dag gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

1 dag gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Just a click away

1 dag gelede | Gesondheid

Michelline Nawatises Organic Box is an online grocery shop specialising in selling organic vegetables, meat and dairy products, farm produce, and speciality homemade products.It was...

Rundu surveys new extensions

1 dag gelede | Plaaslik

The Rundu town council plans to survey two new extensions in the Tuhingireni informal settlement for N$ 1 million, according to the head of town...