‘Jagter’ se prokureur onttrek

11 November 2019 | Misdaad
Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het aan haar saak onttrek.

Me. Rudie de Waal (45) se regsverteenwoordiger, mnr. Henrico von Wielligh, het gesê hy het Vrydag onttrek. Hy wou nie redes hiervoor verskaf nie.

Die saak spruit voort uit klagte wat mnr. Jason Rodd (50) verlede Maandag teen De Waal by die Namibiese polisie aanhangig gemaak het ná hy glo duisende Britse ponde verloor het tydens ’n safari wat sy glo vir hom gereël het.

De Waal wou klagte van aanranding deur middel van dreigement en naamskending teen Rodd aanhangig maak. Sy het gesê sy ry Vrydag Gobabis toe om die klagte daar aanhangig te maak.

“Sy het aan my gesê dit is nie die moeite werd om Gobabis toe te ry om ’n klag teen die Brit aanhangig te maak nie,” het Von Wiellich gesê.

“Ek het ’n verklaring afgelê, maar wag nog vir die CR-nommer,” het De Waal gister aan Republikein geSMS.

Sy het nie soos versoek haar verklaring gestuur nie.

‘SAL LAND NIE BESWADDER’

Rodd het gesê hy kom die afgelope 20 jaar reeds in Namibië jag en visvang en hy sal die land nooit as toeristebestemming beswadder nie.

“Namibië is ’n wonderlike land. Ek sal nie die land weens een onsmaaklike voorval en persoon beswadder nie. Ek is reeds besig om ’n mooi artikel oor die jagplaas te skryf,” het Rodd gesê, wat artikels in internasionale jag- en visvangtydskrifte publiseer.


“Ek is juis in Namibië om sakenetwerke te vestig om toeriste vir jag- en visvangsafari’s na die land te bring.”

Intussen het Rodd Vrydag ná De Waal se bewerings nog inligting by sy polisieverklaring gevoeg.

“Op 31 Oktober het ek, Rudie en die eienaar van die jagplaas om ’n tafel gesit en ek het dit duidelik gemaak sy het op ’n oneerlike manier geld van my gevat en geen besprekings gemaak soos beloof nie. Ek moes alles betaal, wat in totale teenstelling met ons ooreenkoms is, en waarvoor sy ’n deposito van my geëis het.”

Hy sê De Waal het erken sy is verkeerd en het ’n ooreenkoms onderteken om 2 000 Britse pond binne 14 dae aan hom terug te betaal.

Rodd ontken ten sterkste hy het haar aangerand of gedreig.

Die eienaar van die jagplaas in die Gobabis-distrik het gister bevestig Rodd het nie vir De Waal aangerand nie.

Verder sê Rodd hy was ten volle bewus daarvan dat De Waal “’n gelaaide 6.35-pistool in haar regteragtersak dra. As ekspolisieman weet ek van beter as om enige gewapende persoon uit te lok”.

Hy ontken ook haar bewerings dat hy dronk wou gaan jag.

“Dit is onwaar en die jagplaaseienaar en professionele jagter kan dit bevestig. Ek het en sal nooit dronk gaan jag nie.”

‘KRAT VOL AMMUNISIE’

Rodd meen die polisie moet De Waal ondersoek, wat glo met ’n krat vol verskillende soorte ammunisie in die kattebak van haar voertuig rondry.

“Sy het gesê ’n Suid-Afrikaanse maatskappy borg haar ammunisie en die grootste kaliber wat ek kon identifiseer, was sowat 50 patrone van Holland Holland 375,” sê Rodd.

De Waal is nie ’n lid van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha) nie, en is nie by die ministerie van die omgewing en toerisme geregistreer nie.

Haar registrasie by die Namibië Toerismeraad (NTB) as professionele jagter sonder akkommodasie het op 31 Maart verval.

Republikein is die afgelope naweek met boodskappe oor De Waal oorval.

’n Professionele jagter het ook gesê sy buitelandse kliënt het honderde duisende Namibiese dollars verloor toe ’n luiperdjag wat De Waal glo gereël het, “lelik skeefgeloop het”.

Twee Suid-Afrikaanse jagter het via WhatsApp laat weet De Waal het hulle met luiperd- en olifantjagte ter waarde van N$140 000 en N$70 000 onderskeidelik verneuk.

Napha, die ministerie en die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, het gesê sulke voorvalle berokken die toerisme- en jagsektor groot skade.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Franse toeriste vas vir stukke olifanttand

1 dag gelede | Misdaad

Twee Franse toeriste is Donderdag in hegtenis geneem, nadat hul voertuig deur die polisie by die Rooidaghek ondersoek en hulle in besit van twee stukke...

NWR: verlies van N$149 miljoen in drie jaar

1 dag gelede | Regering

Die staatsbeheerde toerisme-agentskap Namibia Wildlife Resorts (NWR) het ’n verlies van N$149 miljoen oor ’n tydperk van drie jaar aangeteken. Volgens die NWR se jaarlikse...

Hage vry na sakelui

2 dae gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob het gister erken “dit mag té laat wees” om sommige van die land se probleme op te los.Geingob het...

Boer vang baba

2 dae gelede | Mense

Henriette Lamprecht – Soos ’n wafferse MacGyver het ’n boer van ’n plaas sowat 90 km van die naaste dorp gister van ’n skoenveter tot...

Helping people help themselves

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarjolize Scholtz has been a wellness professional for over 17 years. During her career her empathy towards people has grown immensely. Scholtz was...

Putting on a corporate suit of armour

2 dae gelede | Mense

Elizabeth Joseph Margaret Thatcher once quipped that if you want something said, ask a man. If you want something done, ask a woman. Langford...

Fuelled by ­creativity

2 dae gelede | Mense

Evany van Wyk “Every challenge is put on your path to groom you and build you and if I had the opportunity to change something...

A musician at heart

2 dae gelede | Mense

Queen, Mumford and Sons, as well as Koos du Plessis are all musical influences that Ruan Greeff, or John Rock Prophet as you may know...

Kalender 15 November

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Ephemera, ‘n groepuitstalling wat vandag by die Goethe-instituut open, handel oor vroue en hul liggaam. Die uitstalling bestaan hoofsaaklik uit vier...