'Jag is nie wildstropery'
'Jag is nie wildstropery'

'Jag is nie wildstropery'

'n Internasionale jagtersorganisasie meen die verbod op die invoer van jagtrofeë verbreek wetgewing van die Europese Unie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die ­Internasionale Raad vir Wild en Wildbewaring (CIC) is bekommerd oor 'n petisie met “verkeerde inligting” wat aan die Duitse omgewingsminis­terie voorgelê is om die invoer van jagtrofeë te verbied.
Die CIC, wat 30 miljoen jagters wêreldwyd verteenwoordig, het sy kommer uitgespreek oor “ideologies-gedrewe, ­herhaaldelike petisies wat in Europa versprei word om die invoer van jagtrofeë te verbied, wat op valse inligting gebaseer is”.
Die CIC meen die verbod op die invoer van jag­trofeë wat onlangs deur Nederland en ­Frankryk geïmplementeer is, ­verbreek wetgewing van die Europese Unie (EU).
“Duitsland moet saam met alle EU-lidlande daarna streef om die bestaande reëls en dialoog tussen lande wat jagtrofeë uitvoer en invoer, te verbeter en nie maat­reëls afdwing wat wildbewaringspogings, insluitend die effektiewe stryd teen stropery, kniehalter nie. Dit sal verreikende ­omgewings-, ekonomiese en maatskaplike gevolge in baie lande hê en in teenstelling wees met wildbewaring en voortdurende pogings om ­stropery te beveg,” lui CIC se mediaverklaring.
“Jag in al sy vorms staar wêreldwyd al hoe meer kritiek in die gesig. Aanvalle op jag gaan voort ondanks bewyse dat dit 'n belangrike rol in wildbestuur, bewaring, voedselsekuriteit en inkomste speel.”
Die CIC meen die wanopvattings en mites oor volhoubare jag moet stopgesit word.
Volgens hulle sal dit 'n nadelige impak op soveel lande, veral in Afrika, hê, waar trofeejag die nodige inkomste vir bewaringspogings en die lewensonderhoud van plaaslike mense verskaf.
“Volhoubare jag is die beste vorm van grondgebruik in dorre lande. As trofeejag gestaak word, grootliks weens suiwer emosionele redes, sal dit 'n massiewe en verwoestende verlies aan die habitat van wilde diere veroorsaak.
“Dit klink vreemd, maar die jag van enkele uitgesoekte diere bevorder die oorlewing van wildbevolkings en -spesies,” lui die verklaring.
“In Europa, bykomend tot die direkte ekonomiese bydrae, dra jagters se vrywillige werk om spesies en hul habitat te beskerm en te bestuur, ook by tot die ontwikkeling van die landelike gebiede in Europa met 'n bykomende bedrag van €16 miljard deur alternatiewe indiensneming te verskaf,” lui die verklaring.
“Die jagters se bydrae strek selfs verder na die bewaring van die natuur met talle aksies om 65% van die grondgebied van die EU te bestuur in aktiwiteite wat verband hou met habitatverbetering, die vermindering van mens-dier-konflik, en skade en monitering. Dit alles ondersteun landelike ontwikkeling.”
Die CIC is 'n polities onafhanklike adviesliggaam wat streef na die bewaring van wild en jag.
Hulle bevorder volhoubare jag wêreldwyd as instrument vir bewaring.
CIC is in 1930 in Parys, Frankryk, gestig en het lede in 81 lande op vyf ­vastelande.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.02 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.54 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.64 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.67/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 892.00/T DOWN -2.1% | Brent Crude Oil US$ 83.08/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 964.40/OZ DOWN -0.0145 #N/A