Jaagduiwels wag op hete kole
Jaagduiwels wag op hete kole

Jaagduiwels wag op hete kole

Tydrenne
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die geleidelike en versigtige normalisering van sportbyeenkomste te midde van die Covid-19-pandemie is in sig, ná die aankondiging van verslappings in die regulasies wat president Hage Geingob gister by Staatshuis uitgespel het.

Vir sportadministrateurs deur die bank sal dit as ’n verligting kom dat hulle formele beplanning kan begin doen op grond van die minder streng regulasies wat vanaf 2 Junie sal geld.

Sportbyeenkomste en aktiwiteite sal van dan af weer toelaatbaar wees – mits gehou word by die nuwe beperking van ’n maksimum van 50 mense wat byeen mag wees, terwyl die lys van kontaksporte vir nog 28 dae tot einde Junie op die moontlike instelling van die volgende fase moet wag.

In byvoorbeeld rugbykringe word kriewelrig gehoop dat laasgenoemde bepaling dalk daarop dui dat klubs volgende week hul oefensessies mag begin hervat om fiksheidswerk te doen, solank sosiale afstand gehandhaaf word en geen fisieke kontak plaasvind nie. Dwarsoor die sportgemeenskap word egter afgewag dat die Sportkommissie soos in die vorige faseverandering oor die fyner besonderhede uitklaring gee.

GEKNIEHALTER

Mnr. Richard Slamet, voorsitter van die Windhoek-motorklub, sê motorsport is weens omstandighede gekniehalter.

Die motorklub wat by die Tony Rust-renbaan gesetel is, hanteer langbaanrenne en bied jaarliks die immergewilde Total Tara-tydren aan. Slamet het aan die koerant gesê finansiële druk op deelnemers en borge maak sake nie maklik vir die hervatting van dié sportkode nie.

Hoewel motorsportentoesiaste op 29 April die groen lig ontvang het om te oefen, mog die adrenalienvrate tydens fase 2 van die inperkingstyd geen byeenkoms aangebied het nie. Vir geen mens wat alleen in sy kar teen ’n duiselingwekkende snelheid om ’n baan mag jaag vir oefening, maak dit sin om nie aan ’n geslote kompetisie deel te neem nie.

Dit daar gelaat. Alvorens die Namibiese Motorsportfederasie nie formele riglyne via die Namibiese Sportkommissie ontvang oor die detail van wat vanaf 2 Junie tydens fase 3 mag en nie mag plaasvind nie, bly motorsportklubs in ’n doodloopstraat geparkeer.

Republikein het met Slamet oor die ikoniese Total Tara-tydren en ander kompetisies gesels.

Slamet sê: “In die stadium is dit maar moeilik om beslis te sê wat gaan gebeur. Ek is besig om met Total, die hoofborg, en die Tara-komitee te onderhandel. Een ding wat onvermydelik is, is dat ons nie soos die vorige twee jaar die Tara vanaf Swakopmund na Windhoek kan aanbied nie.

“Indien daar wel ’n Tara gaan wees, sal dit tien teen een ’n verkorte weegawe wees wat net in en om die hoofstad sal plaasvind. Maar dit is nie ’n uitgemaakte saak dat ons wel ’n Tara gaan hou nie. Daar is ’n moontlikheid dat ons 2020 sal moet oorslaan en eers volgende jaar weer ’n byeenkoms aanbied.

“Finansiële uitdagings weens die grendeltydperk vir die hoofborg, ondersteunende borge asook die deelnemers en Tara-komitee, is legio. Daar is baie van ons wat die gordels moet styftrek net om te oorleef. Ek dink nie motorsport is tans hoog op enigiemand se prioriteitslys nie.

“Ons behoort binnekort meer te weet, maar soos ek opgemerk het, niks is nog definitief gekanselleer nie. Die probleem is dat die passiewe tydperk al langer en langer raak en so raak ons tyd min en die jaar snel verby.

“President Geingob het wel toestemming gegee dat sekere sportkodes in fase 3 mag hervat, maar voor ons nie deur die Sportkommissie ingelig word wat die reëls en regulasies is nie, kan ons niks beplan nie.

“Dit help nie ons mag ’n langbaankompetisie aanbied, maar daar mag geen toeskouers wees nie, of net ’n sekere getal. Ek glo nie ons sal enige kampioenskapsbyeenkomste kan aanbied om ’n nasionale kampioen in die onderskeie klasse te bepaal nie.

“Indien daar genoegsame tyd beskikbaar is, kan daar dalk later vanjaar ’n paar klubkompetisies plaasvind. Maar ons sal maar geduldig moet wag om te hoor en sien wat die vereistes is en dan daarvandaan beplan,” het Slamet verduidelik.

Windhoek-motorklub kon voor die 2020-reënseisoen een nasionale langbaanbyeenkoms afhandel voordat goeie neerslae die Tony Rust-renbaan onbruikbaar gemaak het. Dit is tans die enigste baan in Namibië waar langbaanrenne op teer gehou kan word.

Die tydrengemeenskap was ietwat gelukkiger. Gobabis- en Walvisbaai-motorklub was gelukkig om beide een tydren aan te bied, maar die reëls bepaal minstens vyf byeenkomste moet afgehandel word alvorens ’n nasionale kampioen bekroon kan word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026