Ivoorsmokkelaar hoes N$30 000
Francoise Steynberg
Johannes Bokoma Nashikaku het Dinsdag 'n boete van N$30 000 in die landdroshof op Tsumeb vir die onwettige besit van twee olifanttande betaal.
Hy is deur landdros Ruben Matuku tot drie jaar tronkstraf of 'n boete van N$30 000 gevonnis.
Volgens komm. Barry de Klerk, hoof van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en bevelvoerder van die Blue Rhino-taakspan, is drie mans op 12 Maart tydens 'n geheime operasie met twee olifanttande in hul besit in hegtenis geneem.
“Die twee olifanttande is agter die sitplek van 'n wit Nissan-bakkie met registrasienommer N 8991 T gevind,” het De Klerk aan Republikein gesê.
Volgens hom behoort die bakkie aan Matuku en was hy agter die stuur. Matuku is van die onwettige handel in beskermde wildprodukte aangekla.
Die landdros het ook beveel die olifanttande van 3,98 kg, asook die bakkie moet aan die staat verbeurd verklaar word.
Staatsaanklaer Memory Harakuta het aangekla.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie