Itula slyp sy tande opnuut
Itula slyp sy tande opnuut

Itula slyp sy tande opnuut

Kenners het gister die vooruitsigte van die jongste geding bespreek wat die eertydse onafhanklike presidensiële kandidaat by die hooggeregshof aanhangig gemaak het.
Denver Kisting
Denver Kisting – Dae nadat die hooggeregshof beslis het Namibiërs keer nie terug stembus toe nie, het die voormalige onhafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, wéér ’n geding by dié hof aanhangig gemaak.

In stukke wat laat Maandag by die hoogste hof in die land ingedien is, sê die tandarts hy bring die nuwe geding ingevolge artikel 81 van die Grondwet.

Die bepaling hou met die “bindende aard van beslissings van die hooggeregshof” verband.

Dit lui: “’n Beslissing van die hooggeregshof sal bindend wees vir alle ander howe in Namibië en almal in Namibië, tensy dit deur die hooggeregshof self herroep word of strydig is met ’n wet van die parlement wat wettig verorden is.”

Itula wil hê die hof moet sy besluit hersien en gelas dat die uitslae van die 2019- presidensiële verkiesing, waartydens pres. Hage Geingob as die oorwinnaar uit die stryd getree het, nietig verklaar word.

Kort ná verlede Woensdag se hofuitspraak het Itula teenoor Republikein gebieg hy het nét vir Geingob geluk gewens as “wenner” om vrede en bestendigheid te beskerm.

Die regsdosent mnr. John Nakuta was gister by navraag verstom oor die jongste kinkel in die Itula-kabel.

“Die saak is res iudicata. Dit beteken die saak is deur ’n bevoegde hof beslis en mag derhalwe nie deur dieselfde partye weer aangepak word nie,” het Nakuta gesê.

Volgens hom mag die hof kragtens artikel 81 sy eie beslissing omkeer, maar eers in ’n toekomstige geding.

“Dié artikel gee nie die goeie dokter die reg om terug hof toe te hardloop nie. Dit is die verkeerde interpretasie daarvan,” meen hy.

’n Senior regsgeleerde wat verlede week se uitspraak deur die volbank regters bestudeer het, maar vanweë professionele redes anonimiteit verkies, het gister gesê: “Ja, maar dit is nie res iudicata as dit (die hooggeregshof) nie ’n geldige bevel gemaak het nie.”

Hierop wou Nakuta weet: “Wat beteken ’n geldige bevel in dié geval? Die rasionaal van die res iudicata-leerstelling is om oneindige litigasie deur dieselfde litigant oor dieselfde aangeleentheid – net omdat hy/sy nie met die hof se beslissing saamstem nie – te verhoed.”

Ook, sê die akademikus, het die leerstelling ten doel om “kwelsugtige litigante” in die bek te ruk.

“Hierby berus ek,” het hy gesê.

Die anonieme senior regsgeleerde sê voorts: “Die kruks is die hooggeregshof het sy eie presedente verbreek. Dit het hom (Itula) ’n herverkiesing ontsê – énige regshulp hoegenaamd vir die 2019-verkiesing – met ’n bevel dat regmatigheid eers in 2024 terugkeer.”

Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, was gisteroggend nie bewus van die jongste geding wat hulle in die gesig staar nie.

Verlede week

Die Grondwetkenner prof. Nico Horn het verlede week gesê die hooggeregshof se uitspraak in die verkiesingsaak het teen alle verwagtinge in weinig opgelewer.

Dít het gekom nadat Itula ’n gedeeltelike oorwinning in die land se hoogste hof behaal het: Sou elektroniese stemtoestelle (EVM’s) voortaan in ’n verkiesing gebruik word, moet dit met ’n naspeurbare papierspoor gepaard gaan, maar Namibiërs sal nie weer stem nie.

Oor hoe die hof tot sy slotsom gekom het, het hy voorts gesê: “Die hof se argument was min of meer as volg: Soos die aansoekers (Itula en kie) geargumenteer het, kan art.97 nie gedeeltelik geïmplementeer word nie.

“Dus: Die aansoekers is basies reg. Sonder die papierspoor is dit onmoontlik om art. 97 (1) en (2) te implementeer. Boonop het die minister ook nie die bevoegdheid gehad om die wet sonder subartikels 3 en 4 in werking te stel nie.”

Die eerste gedeelte van dié artikel in die kieswet beveel die gebruik van EVM’s aan, terwyl die tweede gedeelte verband hou met ’n naspeurbare papierspoor.

Die hooggeregshof het verlede Woensdag gelas die destydse minister van stedelike en landelike ontwikkeling het onregmatig en ongrondwetlik opgetree deur die artikel net gedeeltelik in werking te stel.

Dié bevinding het egter nie die volbank regters, onder leiding van hoofregter Peter Shivute, genoop om die presidensiële verkiesing van verlede jaar nietig te verklaar en ’n herverkiesing te gelas nie.

“Maar dis toe nie die einde van die storie nie. Die hof wil nie die November-verkiesing nietig verklaar nie. Dit sal ook ander verkiesings in die gedrang bring,” het Horn gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%