Itula se partyplanne op dreef

Tandarts registreer beweging

09 July 2020 | Regering
Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se Independent Patriots for Change (IPC) goedgekeur nie.

Volgens Mujoro het Itula en kie eers verlede Vrydag hul aansoek ingedien om as ’n politieke party geregistreer te word.

Itula, ’n tandheelkundige, het verlede jaar aan die presidensiële verkiesing deelgeneem – in daardie stadium as ’n lid van Swapo maar as ’n onafhanklike kandidaat.

Hy is sedertdien uit Swapo geskop.

Hoewel die regerende party se amptelike kandidaat, pres. Hage Geingob, die verkiesing gewen het, het Itula tweede geëindig.

Itula het vroeër vanjaar onsuksesvol probeer om verlede jaar se presidensiële verkiesing se uitslae nietig te laat verklaar.

’n Volbank van die hooggeregshof was dit eens ’n herverkiesing sal nie geskied nie, maar elektroniese stemtoestelle (EVM’s) mag eers weer gebruik word wanneer ’n naspeurbare papierspoor in werking gestel word.

Mujoro sê hy moet ’n kennisgewing in die Staatskoerant publiseer wat vir 30 dae oop sal wees vir enigiemand om teenkanting teen die nuwe beoogde party aan te teken.

Sou daar geen teenkanting wees nie en die IPC voldoen aan al die ander wetlike vereistes, kan hulle as ’n politieke party geregistreer word.

Mujoro sê hy voorsien geen struikelblokke vir die registrasie van die beplande party nie.

Itula het gister by navraag gesê sy beweging hoop om eersdaags sy konsepgrondwet bekend te stel. Dié dokument, sê hy, sal 90 bladsye beslaan.

Op ’n vraag oor hoeveel lede die beweging reeds het, het hy gesê hulle het in dié stadium 124 kiesafdelingtakke oraloor die land.

Elkeen word deur ’n uitvoerende komitee van “elf patriote” gelei, sê Itula.

Hy sê hulle sal aanstaande week hul posisie breedvoerig in ’n verklaring uiteensit.

Wag en sien, sê Hopwood

Die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood, het gister aan Republikein gesê ’n mens sal moet wag en sien watter partye en groepe uiteindelik deur die ECN geregistreer sal word.

“’n Veelvoud van partye is op sy eie nie ’n probleem nie. Kiesers sal besluit wie kom aan bewind.”

Hy het egter gemaan partye en kandidate moet in gedagte hou “dat ons verskillende kiesstelsels gebruik”.

Dit bring mee ’n party of ’n organisasie wat deelneem aan plaaslike owerheidsverkiesings kan ’n setel verower met relatief min steun, terwyl in streekowerheidsverkiesings die wenner alles kry, sê hy.

Daarom is daar ’n aansporing vir partye en kandidate om saam te werk om diegene wat tans koning kraai, uit die kussings te lig, meen hy.

“Dus, ’n veelvoud van kandidate in die streekverkiesings kan die opposisiestem verdeel.”

Ondanks die swaard van Covid-19 het adv. Notemba Tjipueja, die voorsitter van die ECN, onlangs gesê die liggaam is reg om later vanjaar streek- en plaaslike owerheidsverkiesings te hou.

Die beweging vir Regstellende Herposisionering (AR) onder leiding van die grondaktivis en politieke ontleder, dr. Job Amupanda, sal na verwagting ook aan dié verkiesings deelneem. - [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

31 minute gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

31 minute gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

31 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

31 minute gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

31 minute gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

31 minute gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

31 minute gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

31 minute gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

31 minute gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...