Itula misluk tweede keer om verkiesings uit te stel
Itula misluk tweede keer om verkiesings uit te stel

Itula misluk tweede keer om verkiesings uit te stel

Dani Booysen
Dani Booysen



Minder as sewe ure voor stempunte gisteroggend landswyd moes open het 'n tweede poging deur dr. Panduleni Itula om die verkiesings te stuit, voor 'n volbank van die verkiesingshof op die rotse geloop.

Die uitspraak het Dinsdagaand kort na middernag gekom.

Itula, 'n omstrede Swapo-lid wat as onafhanklike presidensiële kandidaat geregistreer het, se eerste poging om die uitstel van die algemene verkiesing af te dwing, is Maandagoggend deur 'n kiestribunaal verwerp.

Stukke is eers Dinsdag ná 16:00 geliasseer. Vanaf 21:00 het die hoërhofsaal waar die dringende aansoek sou dien, stelselmatig volgeloop totdat daar geen plek vir 'n muis was nie.

Itula se prokureur, mnr. Titus Ipumbu, moes vir sowat twee uur behoorlik bontstaan soos die drietal regters hom met vraag op vraag gepeper het.

Die regbank se vrae en die verweer namens die Verkiesingskommissie (ECN), gelewer deur mnr. Nixon Marcus, het van meet aan gedui op 'n aansoek en eedsverklaring vol gate wat nie korrekte regs­prosedures gevolg het nie, nie dringend­heid kon staaf nie en ook nie bewyse bevat het dat Itula en sy ondersteuners onherstelbare skade sal lei as die verkiesing voortgaan nie. Ipumbu kon ook nie na spesifieke wetgewing verwys waarop die aansoek steun nie.

Itula wou opnuut hê dat verkiesings met elektroniese stemmasjiene (EVM's) nie mag voortgaan sonder 'n papierspoor wat elke kieser kan sien of vra nie.

Hy het gevra stemdag moet uitgestel word en die kiestribunaal se uitspraak moet tersyde gestel word. Die saak is so aangebied dat dit volgens die regters nie as 'n hersieningsaansoek of 'n appèl teen die tribunaal se uitspraak aanvaar kon word nie.

Namens die ECN is benadruk dat die kiestribunaal juis bevind het die artikels in die Verkiesingswet wat 'n uitdrukbare papierspoor voorskryf, sedert 2014 nog nie van krag geword het nie.

Die regbank het die groot belang benadruk om 'n dringende saak soos hierdie korrek te motiveer.

Regter Thomas Masuku wou onder meer weet hoe Itula se belange en die van sy “duisende” volgelinge (waarna sy eedsverklaring verwys) opweeg teen “miljoene” (sic.) stemgeregtigdes wat hul demokratiese reg kan uitoefen.

Adjunk-regterpresident Hosea Angula, Masuku en Herman Oosthuizen het Marcus se versoek aanvaar dat die saak van die rol geskrap moes word weens die string leemtes. Volgens Marcus was die aansoek 'n ernstige misbruik van regsprosesse.

Die hof sal môre redes vir sy uitspraak gee en beslis of Itula ook die koste van die mislukte geding, soos die vorige saak voor die landdroshof, moet betaal.

Mnre. Eliaser Nekwaya en Mehluhli Ndlovu van die staatsprokureur se kantore het saam met Marcus verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.99 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.61 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.61 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.65/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0124 | Zinc US$ 2 899.30/T DOWN -1.85% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +0.40% | Platinum US$ 973.46/OZ DOWN -0.0052 #N/A