'Italiaanse dokters' vang nu00f3g Namibiu00ebrs met slap riem
'Italiaanse dokters' vang nu00f3g Namibiu00ebrs met slap riem

'Italiaanse dokters' vang nóg Namibiërs met slap riem

Die modus operandi van die skelms behels altyd edelstene, 'n bakkie wat breek en euro's wat nie aanvaar word nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



'n Lodgebestuurder van die ­Kunenestreek was nie die enigste slag­offer van die “Italiaanse dokters” se sluwe slenter nie.

Republikein het gister reaksie van nóg slagoffers gekry wat vir dié bedrogspul geval het ná berig is oor die lodgebestuurder wat ingeloop is. Die modus operandi van die skelms bly dieselfde: Daar is 'n bakkie wat breek of nie brandstof het nie, edelstene is betrokke en daar kan nooit met euro's betaal word nie.

Die lodgebestuurder het twee weke gelede 'n oproep van ene dr. Emmanuel Augello ontvang wat beweer het hy is deel van 'n groep professionele Italiaanse dokters wat op 'n jagtog in Namibië is.

Voordat hulle na Italië sou terugvlieg, wou hulle glo drie aande by dié lodge oorbly.

Op pad wou hulle edelstene koop, maar kon nie met euro's betaal nie. Toe breek hul bakkie en dit kon kwansuis nie met euro's betaal word nie. Die slagoffer het geld aan hulle oorbetaal, en die “dokters” het nooit by die lodge opgedaag nie en is vort met die geld.

Die lodgebestuurder sê geen terugvoering is van die polisie ontvang nadat 'n bedrogklag aanhangig gemaak is nie.

“Ek het die saak op Epupa aangemeld, maar hulle val onder die Okonguati-polisie. Hulle was verlede week hier, maar ek het nog niks verder gehoor nie,” het hy gesê.

Nog iemand in die toerismebedryf was 'n slagoffer.

“Ek moes vir 'Amerikaners' blyplek reël, maar op pad wou hulle edelstene by Spitzkoppe koop en kon nie met euro's betaal nie. Ek kon nie die betaling met eWallet doen nie, maar het N$3 000 in 'n bankrekening betaal,” sê dié slagoffer.

Daarna het die skelms haar van 'n vulstasie op Okahandja af gebel en gesê hulle kan nie die brandstof met euro's betaal nie.

“Ek het gesê ek sal iemand stuur om vir hulle die geld te bring, maar hulle het ongeduldig daarop aangedring dat die geld in 'n rekening betaal moes word.

“Ek het snuf in die neus gekry en die polisie op Okahandja gebel,” vertel die vrou.

Die polisie het glo niemand by die vulstasie gekry nie.



'WIL HOSPITAAL BOU'

'n Sakeman van Windhoek sê twee maande gelede het 'n “dokter van Italië” hom gebel en gesê hy wil 'n hospitaal in Namibië bou en hy het €200 000. Die “dokter” het die sakeman uit Karibib gebel en gesê hy wil brandstof ingooi, maar die vul­stasie aanvaar nie euro's nie. Gelukkig het die sakeman nie vir die slenter geval nie.

Op Republikein se Facebook-blad was daar ook reaksie: Doreen Koen skryf 'n sogenaamde dokter het haar al in Desember genader om sy sleepwa te herstel.

“Toe was die slenter al 'n paar maande aan die gang. Die storie is altyd dieselfde. Brandberg is gewoonlik die beginpunt van die storie. Die persoon het ook vriende 'n paar maande later so probeer kul. Op die telefoon klink hy nie eers soos 'n dokter óf 'n buitelander nie.”



SELFOON IN POLISIESELLE

Tina Becker skryf sy het die skelm se selfoonnommer vir die polisie gegee, wat vir haar gesê het die selfoon is in Wanaheda se polisieselle. “Niks het daarvan gekom nie.”

Ellery Innes het kopgehou. “Hulle was glo 12 dokters en wou kuns en kunsvlyt uit die land verskeep. Hulle het glo €50 000 om te betaal. Hy het min of meer dieselfde gedoen deur my ook hul huurmotor se registrasiemerke te stuur,” het sy geskryf.

Dié groep sou glo ook van Brandberg af na Walvisbaai ry.

“Hulle moes brandstof vir al die bakkies ingooi, wat sowat N$4 800 gekos het, maar die vulstasie wou glo nie euro's aanvaar nie.

“Hy het my gevra om die bedrag vir hulle te eWallet.” Sy het gelukkig nee gesê.

André Botha skerts: “Die arme mense is al twee jaar met stukkende karre op die pad. Kan een groepie hoogsgeleerdes nou soveel teenspoed kry? Môre is daar 'n nuwe slenter.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042