Isuzu kry slanker voorkoms

Elektroniese hulp maak voertuig veiliger
Gerine Hoff
Deon Eysele



General Motors Suid-Afrika het reeds begin met die aflewering van die opgeknapte weergawe van Isuzu se sesde geslag KB-bakkies by handelaars in suidelike Afrika. Die 2016-weergawe verteenwoordig ''n paar subtiele veranderinge aan die vooraansig en agterklap sowel as ''n herontwerpte instrumentegroepering binne. Groter 18-duim vellings vir LX-modelle en 16-duim wiele vir die res van die modelle, maak met ander stylverande­ringe dat die bakkies slanker en beter as hul voorgangers lyk.

Die herontwerpte instrumentegroepering en verbeterde klankstelsel laat dit makliker met mededingers meeding. Boonop het die 3-liter, 4x4 LX-dubbel­kajuit die bykomende voordeel dat ''n magdom bykomstighede­ by die koop ingesluit is. ''n Paar daarvan is ''n trekstang, dakstawe en elektries verstelbare leersitplekke.



Isuzu KB

Isuzu is een van die topverkopers in Namibië en oor baie jare het dit nie net as gunsteling-werktuig op plase en in handelskringe geword nie, maar ook as ontspanningsvoertuig gemaklik nes geskop. Ons het juis op pad tussen Swakopmund en Windhoek na twee dae se toetsrit in buitengewone strawwe omstandighede in die hoogste duine in die wêreld, doelbewus gekyk na hoeveel Isuzu''s op die pad is. Doen self die oefening en jy sal verbaas wees om te sien wat dié bakkie se markaandeel is.

Ingenieurs van General Motors in Port Elizabeth in Suid-Afrika het noukeurig geluister na kliënte se aanbevelings en het gesorg dat die sesde geslag KB-bakkies wat hulle byna drie jaar gelede bekend gestel het, 100% aan plaaslike omstandighede en versoeke voldoen. Gemak, funksio­naliteit, ry-ervaring en ritkoste was onder meer faktore wat prioriteit geniet het. Die vervaardiger wou ook seker maak dat die nuwe bakkies net die beste bied wat veldrybedrewendheid betref. Die hoogs gesofistikeerde elektroniese hulpmiddels soos vastrapbeheer, stabiliteitsbeheer en rembeheer is ook gekoppel aan ''n spesiale ewenaarslot wat die bakkies nie net bobaas veldryers maak nie, maar ook heelwat veiliger is as die ouer geslag Isuzu. Die funksionaliteit daarvan is ten toon gestel tydens ons onlangse toetsrit in die vallei van die Kuiseb-Delta­ en die magtige duine wat bokant Sandvishawe uittroon. Selfs onervare 4x4-ryers wat voorheen nog nie enige hindernisse gery het nie, kon in die duine saam gesels.



Enjin

Een van die glanspunte van Isuzu is die kragtige 3.0-liter DTEQ-diesel­enjin met sy turboaanjaer wat in die topmodelle gebruik word. Die gekombineerde brandstofverbruik van net minder as agt liter per 100 kilometer vir die 4x4-model maak dit gesog onder kopers. In die swaar duine wat ons gery het, styg brandstofverbruik uiteraard, maar die gemiddelde gebruik van die voertuig waarmee ons gery het na twee dae se strawwe duine ry, het steeds op 7,5 lt/100 km gestaan.

Diegene wat al duine gery het, sal weet dat momentum en banddruk van die belangrikste elemente is wanneer dié avontuur aangepak word. Dit was hier waar die 130 kW se kraglewering en 380 Nm se wringkrag van die 3.0-liter enjin uitsonderlik was. Dis lekker om ''n hoë duin aan te pak met die wete dat jy genoeg krag het om momentum tot bo te behou.



Elektroniese ­hulpmiddels

Die hoogs gesofistikeerde elektroniese hulpmiddels soos vastrapbeheer, stabiliteitsbeheer en rembeheer is onontbeerlik vir hedendaagse moderne voertuie in verkeer en normale padoppervlaktes. Wanneer hindernisse gery word, moet dit egter afgeskakel word. Om dit te kan doen, moet ''n skakelknoppie op die instrumentepaneel vir minstens agt sekondes ingedruk word. As die enjin egter afgeskakel is en dit weer aangeskakel, word die elektroniese beheerstelsel outomaties aangeskakel. Dit het baie manne wat die toetsrit meegemaak het, laat vasval, want jy vergeet dat die vastrapbeheer as ''n veiligheidsmaatreël, outomaties aanskakel as die enjin af was.



Onderstel

Die vervaardigers het seker gemaak dat die bakkies se onderstelle vir beter vraghantering, gemak, sleepvermoë, veldryvermoë en veiligheid van passasiers aangepas word.

Die dinamiese onderstel voel ooglopend meer stewig en hanteer ook baie goed, veral op grondpad. Die verlengde onderstel van die plaaslike KB-reeks wat in Suid-Afrika vervaardig word, is heelwat versterk in vergelyking met dieselfde bakkies wat in Thailand gebou word. Dit bied derhalwe verbeterde veiligheid en gehardheid om plaaslike toestande die hoof te bied.

Onder die nuwe sesde geslag Isuzu-bakkies het die vervaardigers ''n bladveeruitleg met verskeie verbeteringe teenoor die vorige reeks aangebring om hantering te verbeter. Gasgevulde skokbrekers maak verder seker dat die Isuzu gemaklik ry en hanteer.

Die grondvryhoogte van 220 mm was veral gemaklik om die dik sand van die Namibduine aan te pak.



Nuwighede

Een van die sleutelkenmerke van die toetsvoertuig waarmee ons gery het (LX), is die infotainment-stelsel met sy aanraakskerm en satellietnavigasie, WiFi- en slimfoonintegrasie. Die trurykamera is ook nou in die handvatsel van die agterklap geïntegreer.

Die passiewe inklim- en aanskakelstelsel (PESS) bied sleutellose toegang met ''n aanskakel-stop-drukknop wat as standaard op alle LX-modelle aangebring is. Leersitplekke ook ''n standaard toevoeging op alle 4x4 Auto- en dubbelkajuitbakkies. Op 4x2-dubbelkajuite kan dit as ''n opsie bestel word.



Waarborg

Alle Isuzu KB-modelle wat Auas Motors verkoop, word verskaf met ''n uitgebreide 5 jaar/ 120 000 km waarborg en padbystand sowel as ''n 5 jaar/ 90 000 km diensplan. Dienstussenposes is elke 15 000 km of 12 maande.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.17/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 855.10/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 911.82/OZ DOWN -0.0044 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.17/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 855.10/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 911.82/OZ DOWN -0.0044