Isa Konrad se ‘Toekomsmens’ op pad

September op die boekrakke
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Isa Konrad, die gewilde Namibiese skrywer wat in Switserland woon, wou nog altyd ’n wetenskapsfiksie-roman skryf.

Konrad se Toekomsmens gaan in September op die boekwinkelrakke verskyn.

"Dit is vir my die genre met ’n paar van die beste, en ’n sondvloed van die swakste boeke wat ek nog in my lewe gelees het. Selfs die swakste wetenskapsfiksie het egter een eienskap wat ek geweldig bewonder,” vertel Konrad uit Törbel in Switserland.

“Dit is daar is skrywers wat met suiwer verbeelding plekke kan skep, ganse storiewêrelde kan bou wat glad nie in die werklikheid bestaan nie.”

Konrad sê ongelukkig val sy nie in daardie kategorie van skrywers nie.

“Vir Toekomsmens moes ek ’n kompromis vind. Ek het toe probeer dink aan kwessies wat dalk toepaslik mag wees vir ons toekoms en hoe dit ons wêreld eendag kan beïnvloed.”

Die kwessies wat vir Konrad die sterkste uitstaan, is klimaatsverandering, kunsmatige intelligensie, genetiese modifikasie en politiek.

"Dit het die boustene geword waarmee ek ’n Suid-Afrika van die toekoms probeer uitbeeld het. In hierdie toekoms is dit ’n land waar die orde heers waarna Suid–Afrikaners dalk tans smag, maar die vraag wat die storie aan die leser stel, is: Wat is die prys van orde?"

Konrad sê alles hét immers ’n prys.

"Om die toekoms meer toeganklik vir die leser te maak, het ek die storie ’n sterk liefdeslyn gegee. Liefde is wat ons aanpasbaar genoeg maak vir ’n wêreld wat gedurig verander.

“Of dit liefde vir ons ouers, ons kinders en familie, vir ’n lewensmaat of die liefde van vriendskap, selfs die liefde vir ons troeteldiere, dit hou ons staande tydens krisistye soos die een waardeur ons tans leef. Liefde is groter as die eie self en ek glo dit sal altyd so wees."

Konrad is in Namibië gebore en getoë en het ná skool Switserland toe geëmigreer. Sy sê sy het nie van Namibië vergeet nie.

"Toekomsmens is natuurlik baie ver van my Karibib-reeks (Moord op Karibib en Doodsake op Karibib) se wêreld verwyder, maar Namibië speel ’n belangrike rol in die storie en veral die lewe van die heldin. Die storie eindig ook daar – en op ’n gelukkige noot. Ek is te sentimenteel oor my geboorteland om dit te kon weerstaan!"

Konrad sê hierna gaan sy eers weer ’n Karibib of twee skryf.

"Ek kan nie wag om in my verbeelding terug te gaan ná daardie storiewêreld toe nie."

Ander gewilde boeke uit haar pen is Die soenoffer, Die ondenkbare en Diva.


Waaroor gaan Toekomsmens?

Pretoria, 2057. Dertig jaar ná ’n reeks besoedelingsverwante katastrofes wat Johannesburg in ’n spookstad verander, word die Nuwe Republiek van Suid-Afrika deur die Toekomsparty en ’n Raad van 12 regeer. Regeringsbeleid berus op die reëls en voorskrifte van ’n “Nuwe Orde”.

Kel de Jong werk as ’n programmeerder in die Nuwe Republiek se Intelligensieburo in Pretoria. Op dieselfde dag wat ’n militêre waarnemingsatelliet onverwags ’n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en die spookstad Johannesburg ontdek, vind daar ’n aanval op sy werksplek plaas.

In-Grid, die intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, word in die aanval vernietig.

In die chaos wat volg, neem die buro se direktrise Kel hom na ’n geheime-ondergrondse argief, waar sy In-Grid se prototipe aan hom toevertrou met die kriptiese belofte dat die tyd sal leer wat hom daarmee te doen staan.

Kel hoop die prototipe sal hom in staat stel om In-Grid te herkonstureer. Toe hy die prototipe egter vir die eerste keer aktiveer, ontdek hy dat dit die herinneringe van ’n vrou bevat, ’n Suidwester, wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog ’n spioen in Duitsland was.

Met behulp van moderne tegnologie onderneem hy tydreise na Agnes Baumer se lewe. Daar, in die verre verlede, ontdek hy die waarheid agter die gebeure in sy hede. Sy lewe ontrafel aan hierdie waarheid en sy gevoelens vir Agnes.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A