Is ons teen groot geld opgewasse?
Hier kom ’n ding. . .
Die Chinese en Namibiese regerings het reeds ooreengekom om saam te werk aan die ontwikkeling van vervoer- en logistiekinfrastruktuur in Namibië.
Die Chinese se ambisieuse plan is om wêreldhandel deur infrastruktuur te vergemaklik. Hul Belt and Road-projek is vyf jaar gelede voorgestel, en deur die toepassing van hoëspoed-spoorwegtegnologie kan die China Railway Express nou stede in 13 Europese lande bereik, waaronder Hamburg, Moskou en Londen.
In minder as twee jaar is reistye verkort van 20 tot 12 dae, terwyl bedryfskoste met 40% afgeneem het. Net 10 jaar gelede het gereelde direkte vragdienste van China na Europa nie bestaan nie. Vandag verbind hulle ongeveer 35 Chinese stede met 34 Europese stede.
Namibië se eie ambisieuse plan beoog ook om spoorvervoer te ontwikkel, hoewel die land tot dusver baie meer suksesvol was met pogings om padvervoer te ontwikkel, en veral met die verbetering van plaaslike hawens onder Namport.
Namibië wil suidelike Afrika se logistieke kern word.
Dus blyk die vennootskap op die oog af soos ’n perfekte geleentheid vir samewerking. Boonop het die Chinese president, mnr. Xi Jinping, pres. Hage Geingob verskeie kere en in die openbaar verwelkom, en gesê die twee lande kan op gelyke vlak met mekaar onderhandel.
Dít ten spyte van China se reusegrootte en status, teenoor Namibië se jeug, klein bevolking en algemene gebrek aan ontwikkeling.
Hier is die kern van die kwessie: Is Namibië opgewasse teen al daai sakke vol Chinese renminbi?
Tans is daar geen sprake van die toepassing van China se wêreldpolitieke mag op onderhandelinge met Namibië nie – nog minder van Chinese oorlogskepe in ons hawens.
Die geld is genoeg om ons te oorheers, dink hulle, veral met beamptes wat hul eie belange bo dié van die volk plaas met die regverdiging dat dit nou húl beurt is om te eet.
Mens kan maklik enige verkeerde ding met die verlede se onregverdighede in gedagte regverdig.
Tog glo ek daar ís Namibiërs wat minder na die verlede as na die toekoms kyk.
Daar ís Namibiërs wat die kortpad na rykdom vermy om te verseker Namibiese kinders het iets om na uit te sien.
Die vraag is of daar genoeg van hierdie gehalte Namibiërs in besluitnemerposisies is om so ’n toekoms te kan verseker.
Goeie Namibiërs moet nou, meer as ooit tevore, verseker dat korrupsie nie in die land gehuisves word nie.
Die geld kom en dit is soos ’n stortvloed op pad.
Sal ons saam kan staan en daai vloed in toom kan hou om voordeel daaruit te trek?
Makliker en waarskynliker sal dié vloed die pilare van ons samelewing wegspoel.
Hoop sterf egter nie maklik nie – selfs as dit verdrink.
Ons kan ons land en onsself nog red, en ons kan selfs ’n paradys van Namibië maak.
Dit hang als van ons as Namibiërs af. Die Chinese kom met sakke vol geld.
Ons moet gereed maak deur vas te staan in ons menslikheid, eenheid, liefde en toewyding tot die droom van Namibië.
Ons moet die droom ’n werklikheid maak en vasbeslote verseker dit word nooit verkoop nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie