Is jou Kerskous al vol?
Dis dáái tyd van die jaar.
Spesiale geskenke word vir spesiale mense gekoop. As jy unieke geskenke wil koop, maak môre en Sondag ’n draai by The Shed se Kersmark.
The Shed sal seker maak jy stop jou Kerskous op 8 en 9 Desember reeds vol.
Dit beloof om 'n geleentheid te wees wat oud en jonk sal geniet. Daar sal 'n groot verskeidenheid stalletjies wees met alles van bykomstighede vir jou huis en tuin, tot Italiaanse kase.
Om jou op-die-nippertjie Kersinkopies nog geriefliker te maak, het The Shed ook 'n toedraaistasie.
Soos gewoonlik sal Urs Gamma die spyseniering doen en verskeie geregte op die spyskaart hê – van vingerhappies tot volle maaltye.
Toegang is gratis en daar sal veilige parkering en genoeg sitplekke wees.
The Shed is 30 km buite Windhoek op die B6 geleë. Dit sal Saterdag oop wees van 09:00 tot 18:00, en Sondag van 10:00 tot 15:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie