Is die nuwe Fitbit vir kinders die moeite werd?

Nuwe tegnologie kan ouers in staat stel om te bepaal hoeveel hul kinders werklik oefen en slaap.
Nellie Brand-Jonker en Petrus Malherbe – Fitbit het in Junie bekend gemaak hy stel nou sy visier op die jonger generasie. Dié gewilde skepper van fiksheidsbandjies het sy eerste toestel spesiaal vir die kinders bekend gestel.

Nes Fitbit se bandjies vir volwassenes, meet die Ace kinders se treë en hoeveel minute per dag hulle aktief is.

Dit versamel ook waardevolle inligting oor hul slaappatroon.

Maar is dit die moeite werd vir ouers om sowat R1 500 op te dok vir só ’n bandjie vir elkeen van hul kroos?

Nellie Brand-Jonker, senior sakeverslaggewer van Netwerk24, het ’n geleende Fitbit Ace ’n paar weke lank op haar dogter (8) getoets en deel haar gewaarwordinge.

Die data sal jou verbaas

As ’n ma wat gedink het haar agtjarige is betreklik onaktief en kyk gans te veel televisie, was ek aangenaam verras om te sien hoeveel oefening sy werklik kry.

Net ’n paar dae nadat sy die bandjie begin dra het, het sy ’n “prys” gekry wat haar gelukwens dat sy 10 000 tree op een dag gegee het.

Ek was so opgewonde saam met haar!

Maar ná meer as ’n week sien ek toe sy het dié mylpaal net vir vier dae gehaal, wat toe weer my moed laat sak het dat sy “baie oefening” kry.

Dit moedig oefening aan

Gelukkig moedig die bandjie en Fitbit se meegaande app jou spruit aan om haar litte te beweeg.

My dogter het byvoorbeeld op een dag meer as 14 000 treë gegee toe ons ’n naweek saam met vriende weggegaan het en sy ’n maatjie saamgeneem het.

Daardie dag het sy volgens die bandjie 9,4 km beweeg.

Fitbit “beloon” jou vir sulke goeie oefendae met “pryse” en moedig jou dan aan om jou eie rekord te verbeter.

Die app gee heelwat insig

Omdat my dogter nog nie haar eie slimfoon het nie, was haar bandjie aan die app op my selfoon gekoppel. Ek besit nie self ’n fiksheidsbandjie nie, so ons moes ’n nuwe profiel skep vir my en haar wat gekoppel word.

Dis goed dat ouers meer inligting oor hul kinders se oefenpatrone kan sien terwyl die jongklomp net toegang tot basiese data soos aantal treë het.

Ek kon byvoorbeeld sien dat sy op die betrokke dag waarop sy 14 000 treë gegee het ook meer as 2 300 kalorieë verbrand het.

Hopelik was dit genoeg om daai melkskommel en lekkergoed wat sy geëet het, te verbrand!

In “Parent View” kan jy ook interessante grafieke sien wat wys watter tye van die dag jou kind op haar aktiefste was. Dit was geen verrassing dat dit meestal tydens pouse en ná skool by nasorg was nie.

Die grafieke dui ook aan hoe intens die oefening was. Rustig stap vertoon byvoorbeeld rooi, met hardloop wat nader aan oranje of selfs groen beweeg.

Een Sondag het ons gaan fietsry en dit het behoorlik grasgroen gegloei op daardie dag se grafiek.

Weet hoe goed jou kind slaap

As ouer was dit ook vir my baie insiggewend om te sien hoe goed (of sleg) my kind slaap.

In die toetsperiode het my dogter gemiddeld nege ure en 17 minute se slaap per nag gekry.

Maar ek kon ook sien hoe goed sy elke aand geslaap het. In die app word daar aangedui wanneer sy in die nag wakker geskrik het of selfs net rusteloos was.

Dis verbasend hoe baie inligting die bandjie oor jou kind se slaappatrone vasvang. Een oggend kon ek byvoorbeeld sien sy was vir ’n enkele minuut omstreeks 04:00 wawyd wakker.

Moet ek dit vir my kind aanskaf?

As ouer kan dié soort tegnologie jou help om te weet hoeveel jou kind werklik oefen. My dogter is nie besonder aktief nie, maar ek was verbaas oor hoeveel treë sy eintlik elke dag gee.

Dit is toe al die tyd nie net ’n geval van voor die televisie lê en vergaan nie; sy hardloop werklik baie rond.

Die bandjie is ook lekker stewig en boonop waterdig ook. Sy het sommer met die bandjie aan in die bad gespring.

Die Ace se battery hou ook verstommend lank. Eers ná vyf dae het ek ’n e-pos van Fitbit gekry wat sê die batteryvlak is nou laag. Dit is baie slim van Fitbit, want dit beteken ek as ouer hoef nie heeltyd te wonder of my kind se bandjie se battery al uitgeloop het nie.

Die Fitbit Ace is ook betreklik goedkoop en daarom sal ek enige tyd oorweeg om een vir my dogter vir Kersfees of haar volgende verjaarsdag aan te skaf.

Die enigste haakplek is dat dit nogals moeilik was om die aanvanklike verbinding tussen my foon en die bandjie te bewerkstellig, en ook om die app in my en my dogter se naam op te stel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026