Iran vra VN se hulp teen Amerika
Pres. Donald Trump het Sondag Iran in ’n twiet gewaarsku dat dit sy “amptelike einde” sal wees as hy Amerika dreig.
In ’n brief aan die Verenigde Nasies (VN) vra Iran hulp om gesprekke te reël tussen hom en die ander olieproduserende lande in die Golf van Oman.
Dit volg op die spanning wat al hoe hoër oplaai tussen Iran en Amerika en sy bondgenote Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE).
Madjid Tacht Ravantsji, Iran se ambassadeur by die VN, het die brief aan António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, geskryf.
In die brief waarsku Ravantsji dat die “uitbarsting van enige moontlike konflik beslis gou sal uitkring en ernstige en uitgebreide implikasies sal hê vir internasionale vrede en veiligheid”.
Ravantsji skryf dat Iran “nooit oorlog sal kies nie”, maar “dat as oorlog op ons afgedwing word, sal Iran sy reg op selfbeskerming kragdadig uitoefen”.
Pres. Donald Trump van Amerika het Sondag Iran in ’n twiet gewaarsku dat dit sy “amptelike einde” sal wees as hy Amerika dreig.
‘UITTARTING EN VOLKSMOORD’
In antwoord daarop het Mohammad Javad Zarif, Iran se minister van buitelandse sake, Trump se “uittarting van volksmoord” veroordeel en Amerika gevra om Iran met respek te behandel en nie dreigemente van oorlog te maak nie.
James Bays, verslaggewer van Al Jazeera by die VN se hoofkantoor in New York, sê die Iranse ambassadeur het nie Amerika se naam genoem in sy versoek vir gesprekke tussen Iran en die Golfstate nie.
“Iran sê daarmee hierdie is ’n forum wat Guterres maklik kan organiseer . . . Iran probeer hier wys dat hy die billike een is.”
Ravantsji sê in die brief die VN moenie onverskillig staan “om die grondliggende oorsake van die huidige stand van sake aan te pak nie”. Hy het “sekere sirkels buite die streek” daarvan beskuldig dat hulle die spanning opjaag.
Stephane Dujarric, woordvoerder van die VN, het sy kommer uitgespreek oor die vlak van kommunikasie tussen Iran en Amerika en albei partye gevra om af te koel. “Ons vra albei partye om die vlak van dreigende optrede ook af te skaal.”
VN-amptenare is in verbinding met albei die lande om die situasie te kalmeer, sê Dujarric. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie