Iran krap lande om oor sy nuwe plan met uraan
Verskeie lande het gereageer op Iran se aankondiging Sondag dat hy die perk gaan oorskry wat in die kernkragooreenkoms van 2015 onderteken is oor hoeveel uraan hy mag verryk.
Iran sê hy wil die ooreenkoms nakom maar Europese lande doen nie hul deel van die ooreenkoms gestand nie, het Abbas Araqtsji, die land se adjunkminister van buitelandse sake, volgens die BBC gesê.
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het die Iranse aankondiging ten sterkste veroordeel en sê die besluit is 'n oortreding van die ooreenkoms wat aangegaan is tussen Iran en wêreldmagte om minder uraan te verryk.
Amerika het hom in 2018 eensydig aan die ooreenkoms onttrek.
Frankryk sê hy sal 'n week wag voordat hy 'n dispuut sal verklaar sodat alle partye met mekaar kan praat.
Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Iran se stap as geweldig gevaarlik bestempel en Europa gevra om strafmaatreëls teen Iran in te stel.
Duitsland het Iran gevra om op te hou met hul aksies om die ooreenkoms te ondermyn.
“Ons raai Iran aan om op te hou en om alle aktiwiteite wat nie aan die ooreenkoms voldoen nie, terug te trek, wat insluit om meer uraan te verryk as waarop ooreengekom is.
'n Woordvoerder van die Britse minister van buitelandse sake, sê die land bly ten volle verbind tot die ooreenkoms, maar Irak moet dadelik alle aktiwiteite wat sy ondernemings oorskry, stopsit en verander.
“Ons onderhandel met die ander lede van die gesamentlike ooreenkoms oor die volgende stappe, wat 'n gesamentlike kommissie insluit.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie