IPPR: Doen mu00e9u00e9r vir geslagsgelykheid
IPPR: Doen mu00e9u00e9r vir geslagsgelykheid

IPPR: Doen méér vir geslagsgelykheid

Vroue-bemagtiging kan armoede beveg
Ronelle Rademeyer
Elvira Hattingh



Vroue in Namibië ly meer onder werkloosheid, verdien steeds kleiner salarisse as hul manlike eweknieë, word meer aan geslagsgeweld blootgestel en is minder geneig om in bestuursposisies in onder meer die private sektor, ­nasionale en streekrade as mans te dien.

Gevolglik is huishoudings waar vroue aan die stuur staan, meer geneig om onder armoede gebuk te gaan.

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het onlangs in ''n navorsingstuk oor vroue in die Harambee-welvaartplan gesê dié plan help nie om die langtermyndoelwitte in verband met die ontwikkeling van vroue te behaal nie.

“Vroue se ontwikkeling en geslagsgelykheid vereis ''n beter gedefinieerde teenwoordigheid onder ons nasio­nale beleidsrigtings. Wat die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) betref, moet kennis geneem word van die belangrikheid van geslagsgelykheid om armoede uit te wis.

“Die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn moet homself vestig as ''n ministerie met ''n omslagtige fokus met ''n breedvoerige impak,” lui die verslag.

Volgens die IPPR help ''n omvattende en geslagspesifieke begrip van armoede om nasionale ontwikkelingstrategieë te verbeter as dit by regverdigheid en doeltreffendheid kom. Vroue wat hul volle ekonomiese potensiaal ontgin, kan ekonomiese produktiwiteit asook hul huishoudelike inkomste verhoog, wat ekonomiese groei en die vermindering van armoede tot gevolg sal hê.



PLAASLIKE STATISTIEKE

Volgens die IPPR is sowat 51,4% van die Namibiese bevolking vroulik, terwyl vroue aan die hoof van 44% van alle huishoudings staan. Tot 32% huishoudings waar vroue aan die hoof staan, gaan onder armoede gebuk, terwyl sowat 28% huishoudings waar mans aan die hoof staan, ook aan armoede ly.

Altesaam 31,7% vroue is werkloos, vergeleke met 24,3% mans.

Die Nasionale Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname (NHIES) van 2010 het aangedui werkende vroue verdien jaarliks tot 45% minder as hul manlike eweknieë, Daarenteen het ''n opname deur die Namibië Arbeidsmag (NLFS) van 2014 bepaal vroue verdien net sowat 12% minder as mans.

Sowat 42% van lede van die Nasionale Vergadering is vroulik, terwyl net sowat 26% van die Nasionale Raad se lede vroulik is. Altesaam 16% streekraadsleiers is vroulik, terwyl sowat 42% vroue in plaaslike owerhede dien.

Altesaam 29,5% bestuursposte in die private sektor word deur vroue gevul, terwyl 27% van vroue bestuursposte in semi-staatsinstellings volstaan.

“Geslagsgeweld deur ''n intieme maat, verkragting, seksuele teistering en gedwonge huwelike versleg die situasie van Namibiese vroue verder,” lui die verslag.

Tussen 2009 en 2012 is jaarliks 1 075 gevalle van verkragting landwyd aangemeld. Sowat 33% van verkragtingslagoffers is jonger as 18 jaar, terwyl 30% van jong vroue sê hul seksuele ervaringe voor 15-jarige ouderdom is op hulle afgedwing.

In meer as 92% van verkragtings is vroue en meisies die slagoffers. Tot 28% vroue tussen die ouderdomme van 15 en 49 glo dit is regverdig vir ''n man om sy vrou om sekere redes te slaan.



AGENDAS VIR ­GESLAGSGELYKHEID

Die IPPR het verwys na byvoorbeeld hoofstuk 2 in die Harambee-plan waar na onder meer gelyke geslags­verteenwoordiging op regeringsvlak, jong vroue as die begunstigdes van toekomstige ontwikkelingswelvaart en steun deur middel van noodsaaklike medikasie tydens swangerskap verwys word.

Verder het dit melding daarvan gemaak waar kwessies wat geslags­ongelykheid takel, voor voorsiening in Visie 2030, die Afrika-unie se agenda 2063, die volhoubare ontwikkelingsdoelwitagenda van 2030 gemaak word.

Die IPPR het ook uitgewys waar die Harambee-plan en bogenoemde agendas ooreenstem oor kwessies wat die hoof gebied moet word. Dit sluit in dat die toepassing van bestaande geslagsbeleide, -programme en wetgewing verskerp moet word; dat navorsers, opleiers en beplanners toegerus moet word om deelnemende en geslagsgevoelige metodes te gebruik om data in te samel, te ontleed en te ­implementeer en dat Afrika teen 2063 ''n plek sal wees waar minstens 50% van verkose amptenare asook bestuursposte in die openbare en private sektore deur vroue beklee sal word.

Daar is ook verwys na nasionale geslagsbeleide asook internasionale en streekinstrumente wat op geslagsgelykheid van toepassing is wat deur Namibië bekragtig word of onderteken is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A